Yummy Blomkool gereg

Blomkool was nog nooit so lekker nie. Dis gesond en selfs die kinders lek hul vingers af.  Gebruik die resep in plaas van ‘mash’ of fyngedrukte aartappels.  “It’s  Easy, cheesy and delicious!”

Hierdie resep kan beide in die Lae GI en die Banting eetplan gebruik word. As jy die Lae GI eetplan volg, moet die kaas, botter en spek met laevet tot geen vet alternatief vervang word.

Bestanddele:

  • 450g blomkool 
  • 120ml suurroom
  • 1kop gerasperde cheddar kaas
  • 2 repies gesnipperde spek (bacon)
  • 2 eetlepels opgesnyde sprietuie (chives)
  • 3 eetlepels botter
  • 1/4 teelepels knoffel poeier
  • sout & peper na smaak

Metode:

  1. Sny die blomkool op en stukke en plaas in mikrogolfbak. Gooi 2 eetlepels water by en maak toe met ‘cling wrap’. Mikrogolf vir  5-8 minute, afhangend van jou mikrogolf, totdat dit sag is. Gooi die water af en laat vir 1-2 minute oop staan. (Andersin kan jy die blomkool ook stoom in ‘n potjie maar maak seker jy dreineer al die orige water uit.)
  2. Maak die blomkool fyn met ‘n handmenger of voedselverwerker. Plaas die botter, knoffelpoeier en suurroom by en meng tot dit soos fyngemaakte aartappels (mash) lyk. 
  3. Verwyder die fyn blomkool en plaas in ‘n bak en plaas meeste van die sprietuie by, spaar ook vir bo-op.  Voeg helfte van die gerasperde kaas by en meng met die hand. Voeg sout en peper na smaak.
  4. Gooi die orige kaas, sprietuie en spek (bacon) by.  Plaas terug in mikrogolf om kaas te smelt of plaas onder rooster element in oond vir ‘n paar minute.  
  5. Bediening is ongeveer 1/3-1/2 koppie per persoon. Behoort 4-6 mense te bedien.

Leave a Reply