WINTERSOP

WINTERSOP

Hierdie heerlik sop maak 2 liter of genoeg vir 8 persone.

Bedien die sop as ‘n ete of in die plek van ‘n slaai met ete. Die sop kan fyngemaak word vir ‘n meer gladde tekstuur, alternatiewelik kan jy water byvoeg  vir ‘n meer waterige sop.

Maak genoeg en stoor die sop in die vrieskas en verhit soos nodig.

Hierdie sop-resep kom uit die Fiks & Fabulous wat ‘n 21 dae eet- en oefenplan het. Kliek hier om joune aan te skaf https://lindakriel.co.za/product/fiks-fabulous-plan/

Dis ideaal vir dié wat die Lae GI eetplanne volg. As jy die Banting eetplanne volg moet jy nie die sopmengsel óf die soppoeier gebruik nie, maar eerder jou sop geur met kruie, sout en peper en tuisgemaakte aftreksel.

Bestanddele:

  • 5ml (1t) olie
  • 1 medium ui, geskil, fyn opgekap of gerasper
  • 1 medium, rooirissie (red pepper), fyn opgesny of gerasper
  • 1 medium, groenrissie (green pepper), fyn opgesny of gerasper
  • 2 huisies knoffel, fyn opgesny of 5ml (1t) droë knoffelvlokkies
  • ¼ kool, opgesny of gerasper
  • 1 x 400g blik tamaties, opgesny
  • 1.5 liters (6 kop) kookwater
  • 5ml (1t) droë kruie bv. ‘sweet basil’
  • 125ml (1/2 kop) sopmengsel en 10ml groente-aftreksel poeier of  50g van pakkie uie soppoeier

Metode:

  1. Verhit die olie in ‘n pot
  2. Braai die uie, rooi- en groenrissies en knoffel in olie tot sag.
  3. Voeg die kool by en roer tot goed gemeng is.
  4. Voeg die tamaties en 1,25 liter kookwater by.
  5. Meng die orige kookwater met die sopmengsel of uie soppoeier en voeg by die sop met die droë kruie.
  6. Bedek en kook vir 30 minute (as die uie soppoeier gebruik is) en 60 minute of langer (as die sopmengsel gebruik is).

 

Comments 6

    1. Post
      Author

      Hi Nicky

      Gewigsverlies hang af van wat jy eet, hoeveel jy oefen en jou mediese toestand.
      Die sopmengsel is beskikbaar by enige supermark by die droe bone en lensie afdeling.

      Groete
      Lize (Biokinetika)
      LINDA KRIEL FITNESS

    1. Post
      Author

      Hi Este

      Hierdie is die Wintersop. Dis ‘n sop resep op ons eetplan.
      Ons beveel die vetverbranding sop aan vir gewigsverlies.

      Groete
      Lize (Biokinetika)
      LINDA KRIEL FITNESS

    1. Post
      Author

      Hallo Mari

      Daar is ‘n Vetverbrandingsop en ‘n Wintersop en dit is nie dieselfde sop nie.
      Hierdie is die Wintersop waarna jy verwys.

      Groete
      Lize (Biokinetika)
      LINDA KRIEL FITNESS

Leave a Reply