Winelands Stap – 30 April – 4 Mei 2022

Stap saam met Linda Kriel & Dr Adriaan in die Winelands
30 April – 4 Mei 2022
Ervaar pragtige staproetes in Stellenbosch, Franschoek en Paarl
Kos uit die boonste rakke
Lekker Kaapse wyn
Baie pret en lag!

Die ervaring is nie net vir dames nie, maar vir paartjies ook.

Kom alleen, saam met ‘n vriendin of bring manlief saam!

Early Bird afslag van R500 as jy jou deposito betaal voor 15 September 2021
Slegs 22 plekke beskikbaar. Bespreek NOU!

 

 

Bepreek nou om saam met Linda Kriel en Dr Adriaan te kom stap, oefen en kuier in die Winelands. Twee nagte in Stellenbosch en twee nagte in Franschoek.

Prys vir staptoer:
  • R11 400 per persoon wat kamer deel. Early Bird afslag van R500 = R10 900  
  • R12 990 per persoon vir enkelkamer. Early Bird afslag van R500 = R12 490

Bespreek Nou!

  •  50 % Deposito betaalbaar onmiddelik om jou bespreking te bevestig. Daar is slegs plek vir 22. Voordat jy jou deposito inbetaal stuur eers ‘n epos na info@lindakriel.co.za om te hoor of daar nog plek is.
  • Balans betaalbaar 5 Maart 2022 (8 weke voor die stap). Jy is ook welkom om die balans maandeliks af te betaal, solank die volle bedrag teen 5 Maart betaal is. Reël met ons kantoor as jy dit wil afbetaal. info@lindakriel.co.za
  • Die deposito is ten volle terugbetaalbaar as jy 90 dae of langer voor die begin van die stap kanselleer.
  • Die deposito is oordraagbaar na enige van Linda se stappe in Suid Afrika binne 2 jaar as jy minder as 90 dae voor die stap kanselleer.
  • Die deposito is nie terugbetaalbaar of oordraagbaar as jy 30 dae of minder voor die stap kanselleer nie.
  • Let wel: Covid vlakke sal in ag geneem word.

Betaal per EFT en stuur asb vir ons die bewys van betaling asook die name en kontakbesonderhede van die persone vir wie jy betaal na info@lindakriel.co.za. Gebruik jou Naam, Van en Winelands stap as verwysing. Bankbesonderhede: Nedbank | Linda Kriel | Tak 154805 | Rek. 1153 515 423

Jy gaan ‘n onvergeetlike tyd hê!

Staproetes wissel. Elke dag stap ons vir 2 tot 3 ure en soms doen ons oefeninge tussenin vir probleemareas saam met Linda (net dié wat wil). Die stap eindig gewoonlik met ‘n streksessie en dan volg ‘n heerlike middagete en kaapse wyn by van die beste restaurante. Die res van die middag en aande het julle af om te rus, of om Stellies of Franschoek te verken. Ons hotelle is in die dorp.

 

Fiksheidsvlak: Jy moet ten minste 3 ure kan stap. Jy hoef nie baie vinnig te kan stap nie. Op jou eie pas.

Dié wat baie fiks is en vinnig stap of draf, sal ekstra oefeninge saam met Linda doen terwyl die ander opvang.

Toer sluit in:

  • 2 Nagte verblyf  in die Dorpshuis Protea Hotel.
  • 2 Nagte verblyf in die Franschoek Protea Hotel.
  • Alle etes (met wyn), behalwe 2 van die aandetes.
  • Vervoer na en van staproetes en restaurante waar nodig.
  • Vervoer van Stellenbosch na Franschoek.
  • Ingangsgelde by staproetes.
  • Privaat konsultasies (opsioneel) met Linda Kriel – tydens stappe.
  • Dr Adriaan is byderhand om advies te gee oor skildklierprobleme; cholesterol; kardiovaskulêre siektes ens. Hy stap elke dag saam.
  • Motivering en oefen- en eet-wenke deur Linda.
  • Goodie Bag.

Dit gaan ‘n ongelooflike ervaring wees, wat stap, oefen, lekker eet en goeie wyn insluit. (Lees hier heel onder meer die “Voorsmakie van die toer”.)

Uitgesluit:

  • Vlugkaartjies.
  • Vervoer van en na die lughawe.
Lees meer hier onder.

 

Categories: ,

Description

Voorsmakie van die staptoer:

Hier is ‘n voorstelling van die Winelands stap:

  • Dag 1: Laatmiddag rustige stap vanaf Dorpshuis Protea Hotel na Stellenbosch middedorp. Verken Stellenbosch geniet ons eerste wynproe. Aandete en wyn by Volkskombuis.
  • Dag 2: Doen ‘n ± 10km stap: deur Stellenbosch en op met Stellenbosch-berg. Eindig by Lanzerac vir middagete en wyn. Tyd om te ontspan of Stellies te verken. Aandete vir jou eie rekening.
  • Dag 3: Na ontbyt teken ons uit die hotel. Die bus neem ons na Franschoek. Ons doen ‘n asemrowende stap by Mont Rochelle. Middagete en wyn by Le Chene. Die aand het julle af om Franschoek te verken. Aandete vir jou eie rekening.
  • Dag 4: Na ontbyt neem die bus ons na die Paarl waar ons Paarlberg gaan klim. Ligte middagete by Spice Route. Verken Spice Route. Gala aand-ete en wyn by die bekroonde Reubens restaurant in Franschoek.
  • Dag 5: Ons groet na ontbyt en vertrek terug huistoe.

Hoogs aan te beveel: Vir dié wat nog ‘n nag wil oorbly by die hotel en die volgende dag die Franschoek Winetram wil bespreek en ‘n paar wynplase in die omgewing besoek, kan self met die hotel reël vir ‘n ekstra nag. Ons sal details gee nader aan die tyd.

Let wel: Ons behou die reg voor om restaurante en staproetes te verander na aanleiding van onvoorsiene omstandighede.

Boodskappe van vorige Kaapse stap met Linda Kriel:
  •  “Wow! Die kuier, kos, stap, oefeninge en atmosfeer het al ons verwagtinge oortref! Die hele ervaring was amazing. Dankie vir al jul gasvryheid, liefde, passie en moeite in alles. Ons sien jou verseker weer volgende jaar.” – Adelle en Lize
  • “Dit was weereens ongelooflik om weer saam te stap, wyn te drink en die lekker kos te eet! Definitief nie die laaste keer wat julle my gaan sien nie, julle gaan nog moeg raak vir my.” – Joni
  • “Baie dankie, wat ‘n belewenis was dit nie! Alles was so perfek uitgewerk tot in die fynste detail. Dankie vir al die wenke, die oefening en lekker samesyn. Sal dit altyd koester.” – Bessie
  • “Hierdie was ‘n baie lekker ervaring saam met jou Linda, Dr Adriaan en Lize. Julle is ‘n wenspan en een waarvan ek graag weer deel wil wees. Elke detail was perfek. Ek sal graag weer saam met julle kom memories maak. Voel soos ‘n groot groep vriendinne wat ons gemaak het.” – Caren
  • “Dit was awesome. Gits my lyf gaan nog lank hierdie stap onthou. Net goeie memories! Die kos, geselskap, wyn en omgewing was werklik ‘n belewenis.”  – Marlette
  • “Hierdie stap was so nodig. Vriendskappe, lekker stappe, kos en lekker wyn! Dit was goed beplan, wat dit ‘n belewenis gemaak het. Sien uit na die volgende stap saam julle. Sielskos op sy beste.” – Yolandi
  • “Wat ‘n amazing span. Inspirasie, kennis, motivering, beplanning en en en. Hierdie was so goed vir die siel. Vrouens is gemaak om te gee en doen, maar vergeet om te refill of recharge. Julle het dit reggekry met hierdie amazing experience in ‘n verbasende kort tyd, baie dankie!” – Hendie
Ons het ook nog plek in ons Sicily (Italië) stap met Linda en Dr. Adriaan vanaf 1 – 7 September 2022

Kliek hier vir meer inligting: Stap saam in Italië