Mooi Maag Plan

R120.00

Raak Ontslae van jou Boepie!

Hierdie program is vir jou as jy:

  • Droom om weer ‘n plat maag te kry
  • Vet om jou middellyf stoor
  • Gereeld opgeblase voel
  • Van jou Muffin-tops ontslae wil raak
  • Wil spog met ‘n sespak
  • Jou middellyf (core) wil versterk vir sport-doeleindes
Kry nou jou 4 weke Mooi Maag Plan en volg die 3 stappe na ‘n plat maag…

Lees gerus hier onder vir meer inligting.

Description

Daar’s geen rede hoekom jy nie ‘n plaat maag kan kry nie. Linda Kriel deel haar wenresep vir ‘n plat maag. “Maagopsitte alleen gaan nie jou maag plat maak nie. Dit gaan oor die regte kombinasies van verskillende oefeninge asook die kennis oor wat vir jou ‘n plat maag sal gee. Volg my 3 stappe in die Mooi Maag Plan!”

Die 16 ure detoks-plan wat jy weekliks gaan doen gaan help om klaar te speel met ‘n opgeblase maag en die kardio-program sal die vetlaag verbrand.

Die oefenprogramme het 3 vlakke: Beginnersvlak, Middelvlak en ‘n Gevorderde vlak.

Jy is nie alleen nie! Sluit aan by die Mooi Maag gemeenskap. Linda het spesiaal vir julle ‘n geslote Facebook-groepie gestig waar julle mekaar kan motiveer terwyl julle die plan volg en natuurlik raad by Linda self kan kry. Jy kry alleenlik toegang tot die groep as jy die Mooi Maag Plan aangeskaf het. Motiveer mekaar, spoor mekaar aan, deel julle suksesse en kry raad by Linda Kriel. Maak seker dat jy inskakel by die Mooi Maag Plan fecebookgroep as jy klaar jou program ontvang het!

Jou Mooi Maag Plan sal onmiddelik vir jou beskikbaar wees op die webwerf sodra ons jou bewys van betaling ontvang het. Laat asb 2 tot 12 ure toe sodat ons jou toegang tot die Plan kan aktiveer op die webwerf. Jy sal ’n epos ontvang sodra jou Plan geaktiveer is. Dan teken jy in op die webwerf met jou Gebruikersnaam en Wagwoord.

Let wel: hierdie is nie ‘n boek of ‘n DVD wat gepos word nie.

Jou Mooi Maag Plan is beskikbaar aanlyn vir 6 maande. Jy kan dus die program 6 keer herhaal. Die rede hoekom dit verval na 6 maande is om te veseker dat jy die plan gaan doen en nie net koop en wag vir beter dae nie. Ons wil hê jy moet fantastiese resultate kry! Navorsing het bewys dat mense baie beter resultate kry wanneer hulle betaal vir ‘n program en daar ‘n sperdatum is. Die program is baie goedkoop vir alles wat jy kry, want ons wil nie jou beursie moeg maak nie, maar wel jou lyf.  Linda Kriel het baie moeite gedoen om die beste kombinasie maagoefeninge saam te stel en die resep wat SY volg vir ‘n plat maag, op skrif te stel. Sy demonstreer die oefeninge in pragtige foto’s en kort videos.

Detoks en verloor die Boepie

Jou Detoks-plan: Volg die Detoksplan vir 16 ure een maal per week.

Jy kry nie ‘n eetplan nie, maar word aangeraai om een van Linda se eetplanne – die Lae GI of die Banting – saam met die Mooi Maag te doen.  Kliek hier om meer uit te vind: Linda Kriel Eetplanne

Jou Oefenprogram: Jy kry een program wat jy  Maandae tot Saterdae volg. Elke week word dit moeiliker. Sondae rus jy en laatmiddag begin jy met jou detoks. Die oefeninge is vir enige fiksheidsvlak, daar is afdelings vir Beginners; Middelvlak en Gevorderde vlak.

Kry jou plan vandag! Droom dit, Wens dit, Doen dit!