Kick-Start Plus

R190.00

Verloor gewig … Knap jou spiere op … Word fiks

Kry die KICK-START PLUS program vandag!

Of jy nou ‘n beginner, middelvlak of gevorderd is, dié 21 dae Kick-Start Plus is ontwerp deur Linda Kriel, Suid Afrika se fiksheids- en gewigsverlies guru en Anel Kirsten ons dieetkundige om jou te help om jou droomlyf te kry en gesond te leef vir altyd.

Nota: As jy die Linda Kriel Fitness Toep het, hoef jy nie die plan aan te skaf nie, dit is reeds deel van die toep.

Lees hier onder om te sien wat jy alles ontvang.

 

Categories: , Tag:

Description

Vir slegs 95 sent per dag kry jy:

  • TWEE 21 Dae Eetplanne nl die Lae-GI koolhidraat eetplan EN die Banting eetplan. Jy kan self besluit watter een jy wil volg nadat jy dit rustig op jou eie tyd bestudeer het voordat jy met jou Kick-Start Plus begin.
  • Heerlike, maklike resepte vir albei eetplanne.
  • ‘n Detoks plan met detokswater resep.
  • Oefen op jou eie tyd in die gemak van jou eie huis. Vir 21 dae lank kry jy elke dag toegang tot die oefenprogram op die webtuiste deur in te teken op jou profiel. (Jou 21 Dae program is beskikbaar vir jou op die webwerf vir 6 maande). Linda het die oefenprogramme só ontwerp dat dit kardiovaskulêre oefeninge (vir vetverbranding) insluit asook spieropknappings-oefeninge. Elke dag kry jy ’n ander program en Sondae kry jy wenke of strekoefeninge.
  • Jou 21 Dae oefenprogramme is maklik om te volg op ‘n selfoon of ‘n rekenaar met foto’s en beskrywings.
  • Daar is elke dag ’n keuse tussen Beginner, Middelvlak of Gevorderde vlak. Jy kan dus enige tyd verander van een vlak na ’n ander.

Vir hulp of inligting, kontak ons gerus:

epos: info@lindakriel.co.za

Whatsapp: 078 040 4297