3 Weke 3-Punt-Plan

R150.00

Voel dit vir jou of jy in ‘n groef van slegte gewoontes geval het?

Dis NOU tyd om jy lyf reg te ruk!

Die 3 Weke 3-Punt-Plan gaan jou help om gewig te verloor; slegte gewoontes af te leer en om doelgerig aan jou droomlyf te werk, deur die regte eetgewoontes aan te leer; deur 4 tot 6 keer per week te oefen (afhangend van jou skedule en fiksheidsvlak) en deur meer water te drink.

Jou Eetplanne sal onmiddelik beskikbaar wees nadat jy jou bewys van betaling aan ons ge-epos het. Laat asb 2 to 12 ure toe sodat ons jou toegang tot die eetplanne kan aktiveer op die webwerf. Jy sal ‘n epos ontvang sodra jou eetplanne geaktiveer is. Lees gerus hier onder meer oor die program.

Description

Die program word gevolg op hierdie webwerf. Jy teken elke dag in met jou gebruikersnaam en wagwoord – wat jy self skep wanneer jy aansluit – en jou Eetplan en oefenprogram is daar reg vir jou. Alhoewel dit ‘n 3 Weke aanlynprogram is, is die program vir 6 maande vir jou beskikbaar op die webwerf.

Eet Reg and Verbrand

Jy gaan leer om reg te eet en jou liggaam van ’n vetstoorder na ’n vetverbrander te verander.

2 Nuwe Eetplanne

Jy kry 2 Nuwe eetplanne, nl ’n Lae GI Koolhidraat 7 Dag spyskaart en ’n Banting 7 Dag spyskaart spesiaal uitgewerk vir ons deur Dr Gerhard Schoonbee. Dit is ’n opvolg van my Kick-start eetplanne. ’n Hele nuwe menu. Jy maak jou keuse van watter eetplan die beste by jou leefstyl sal pas.

5 Oefenprogramme per week

4 Intense oefenprogramme per week plus een Blits-Program vir Saterdae sal vir die 3 weke sorg dat jy baie vet verbrand, fiks word en jou probleemareas opknap. Keuse tussen Beginner, Middelvlak en Gevorderd. Woensdae en Saterdae het jy ‘n rusdag of jy kan een van die ander programme van die week herhaal.

Motivering en Wenke

Die motivering en wenke om reg te EET, reg te OEFEN en WATER te drink speel ‘n belangrike rol in die sukses van die program.

Detox en Vitamien Waterresepte

Jy gaan leer om lief te raak vir water, met my detox en vitamien waterresepte. Jy kry ook ’n water drink program elke dag.

My doel is om jou lyf moeg te maak, nie jou beursie nie. Daarom is die koste van die 3 Weke 3 Punt Plan R130.  Teen slegs R1-40 per dag gaan jy vir 6 maande lank elke dag toegang hê tot jou daaglikse program of motivering en jy kan natuurlik elke dag na jou 7 Dag spyskaart kom kyk of dit uitdruk en op jou yskas plak. Alles vind plaas op hierdie webtuiste waar jy toegang tot jou programme kry deur jou eie unieke wagwoord. Onthou, ’n doel sonder ’n behoorlike plan, bly maar altyd net ’n wens…