Kaapse Stap – 5 Dae

Stap saam met Linda Kriel & Dr Adriaan
24 – 28 Mei 2020
Ervaar pragtige staproetes… kos uit die boonste rakke… lekker Kaapse wyn… baie pret en lag!

Bepreek nou om saam met Linda Kriel en Dr Adriaan te kom stap, oefen en kuier in die mooiste Kaap.

Prys vir staptoer:
  • R10 900 per persoon wat kamer deel.
  • R12 540 per persoon vir enkelkamer.

Bespreek Nou!

  •  50 % Deposito betaalbaar onmiddelik om jou bespreking te bevestig.
  • Balans betaalbaar 24 April 2020.

Betaal per EFT en stuur asb vir ons die bewys van betaling na info@lindakriel.co.za. Gebruik jou Naam, Van en Kaapse stap as verwysing. Bankbesonderhede: Nedbank | Linda Kriel | Tak 154805 | Rek. 1153 515 423

Jy gaan ‘n onvergeetlike tyd hê!

Staproetes wissel. Elke dag stap ons vir 2 tot 3 ure en soms doen ons oefeninge tussenin vir probleemareas saam met Linda (net dié wat wil). Die stap eindig gewoonlik met ‘n streksessie en dan volg ‘n heerlike middagete en kaapse wyn by van die beste restaurante. Daarna word ons terug vervoer na die hotel vir ‘n middag op jou eie, om Kaapstad verder te ontdek, of om te rus.

Fiksheidsvlak: Jy moet ten minste 3 ure kan stap. Jy hoef nie baie vinnig te kan stap nie. Op jou eie pas.

Dié wat baie fiks is en vinnig stap of draf, sal ekstra oefeninge saam met Linda doen terwyl die ander opvang.

Toer sluit in:

  • 4 Nagte verblyf  in die goed geleë Seepunt Protea Hotel.
  • Alle etes (met wyn), behalwe 2 van die aandetes.
  • Vervoer na en van staproetes en restaurante.
  • Ingangsgelde en Tafelberg kabelkar-gelde.
  • Privaat konsultasies met Linda Kriel – tydens stappe.
  • Dr Adriaan is byderhand om advies te gee oor skildklierprobleme; cholesterol; kardiovaskulêre siektes ens. Hy stap elke dag saam.
  • Motivering en oefen- en eet-wenke deur Linda.
  • Goodie Bag.

Dit gaan ‘n ongelooflike ervaring wees, wat stap, oefen, lekker eet en goeie wyn insluit. (Lees hier heel onder meer die “Voorsmakie van die toer”.)

Uitgesluit:

  • Vlugkaartjies.
  • Vervoer van en na die lughawe.
Lees meer hier onder.

 

Category:

Description

Voorsmakie van die staptoer:
  • Dag 1: Laatmiddag rustige stap na Grand Africa Cafe & Beach vir ‘n skemerkelkie met ons voete in die sand. Aandete by die Waterfront.
  • Dag 2: Stap van Seepunt na Kampsbaai. Middagete by ‘n uitgesoekte restaurant in Kampsbaai.
  • Dag 3: Stap van Rhodes Memorial na Kirstenbosch. Middagete by Moyo restaurant.
  • Dag 4: (Afhangend van die weer) Klim Tafelberg via Platteklip-roete. Ry af met kabelkar. Dié wat nie Tafelberg wil klim nie sal opgaan met kabelkar en oefeninge bo-op die berg doen saam met Lize die biokinetikus. Middagete in die Kaap. Aand: “Dine & Dance” by ikoniese Groenpunt restaurant.
  • Dag 5: Ons groet na ontbyt en vertrek terug huistoe.

Let wel: Ons behou die reg voor om restaurante en staproetes te verander na aanleiding van onvoorsiene omstandighede.

Boodskappe van vorige stap in Tuscany met Linda Kriel:
  • “Dankie Linda vir ‘n onvergeetlike ervaring… die lekker lag en eet, saam oefen en kuier was idillies lekker!” – Stellie
  • “Baie dankie vir ‘n ongelooflike tyd. Dit het al my verwagtinge oortref.” – Corlia
  • “Baie dankie vir jou inisiatief om dit te reël. Dit was alles en nog meer as wat ek verwag het. Heerlike kos en wyn, oefen en nuwe vriendskappe!” – Fiona
  • “Hierdie was ‘n eenmal in ‘n leeftyd ervaring”. – Marianne
  • ” Dit was onvergeetlik!”  – Gerda