WENKE OM VAKANSIE-VET AF TE SKUD

Volg dié wenke en begin die nuwe jaar op ‘n fikse en gesonde noot:

  • Om jou bo-arms op te knap, kan jy jou handoek gebruik. Staan gemaklik en hou ‘n handdoek agter jou rug vas, met jou regterhand net bokant jou kop en jou linkerhand min of meer waar jou sitvlak begin (sien foto). Albei arms is gebuig en die elmboë wys na buite. Trek nou met jou regterarm boontoe totdat jou arm reguit is. Gebruik die handdoek en jou linkerarm as weerstand deur effens aan die handdoek te rem. Doen nou die teenoorgestelde: strek jou linkerarm reguit na onder en buig jou regterarm. Probeer doen 3 stelle van 15 en ruil dan jou arms om.
  •  Oefen terwyl jy met jou kinders speel. Doen hierdie vir jou boude en bobene: Laat jou kind op ‘n matjie lê en sleep hom/haar deur die huis, sodat jy agteruit loop met jou bene amper 90 grade gebuig. Toe my kinders klein was, was dit my (en hulle) gunsteling! Gebruik iets swaar soos bakstene as jy nie jou kind gebruik nie.
  • As jy nie gewigte het nie, gebruik blikkieskos of waterbottels as weerstand wanneer jy oefeninge doen.
  • As jy ‘n trappie êrens by jou huis het kan jy baie oefeninge daarop doen. Stap of draf op en af van die trappie vir 1 minuut om jou harttempo te laat styg, voordat jy jou armoefeninge – met die blikkieskos doen vir ‘n minuut. Doen direk daarna ‘na oefening vir jou bobene, deur op die trappie te staan en dan met die linkerbeen agtertoe af te hurk. Kom op en hurk dan agtertoe met die regterbeen. Doen dit vir 1 minuut. Herhaal al drie oefeninge 3 keer.
  • Jy kan ook my Toep aflaai OF my Aanlyn eet- en oefenplanne op die webwerf kry en in die gemak van jou eie huis fiks word. Sonder dat mense in ‘n gimnasium na jou staar; sonder dat jy eers jou hare moet kam en ‘n stywe oefenbroek moet aantrek om voor mense in ‘n gimnasium te verskyn.

Kliek hier vir die Toep: LINDAKRIEL FITNESS TOEP

Kliek hier vir aanlyn-programme op die webwerf: AANLYN PROGRAMME

Leave a Reply