Wenke Om Daai Lyf Te Kry

10 Wenke Om Daai Lyf Te Kry

1. Skryf jou fiksheid-, gesondheid, en verslankingsfantasieë neer

Is jy reg om jou leefstyl te verbeter, maar is nie seker waar om te begin nie?

Stel vir jou ‘n paar doelwitte. Wees realisties. Jou doelwitte moet jou inspireer om op te tree! Lees elke dag jou doelwitte om te verseker dat jy op koers bly.

Om doelwitte te skep is een manier om jouself rigting en motivering te gee, en jouself op te stel vir sukses. Dit geld veral as jy jou gesondheid en fiksheid wil verbeter! As jy spesifieke fiksheidsdoelwitte stel, kan dit die motivering bied wat jy nodig het om gereeld te oefen.

Op www.lindakriel.co.za sal jy eet- en oefenplanne kry wat vir jou beplan is.

 2. Slaap meer

Slaap  help jou gewig verloor!! ‘n Mens gee makliker in vir “cravings” as jy moeg is. Slaap is ook ‘n teenvoeter vir stres. Slaap laat jou liggaam herstel en ontspan. Jy het dit nodig om optimaal te funksioneer.

3. Doen Maagoefeninge in die Motor

Wanneer jy in die motor ry, sit regop en doen maagoefeninge deur jou maag so ver moontlik in te trek, dit ‘n paar sekondes lank ingetrek te hou en dan weer ontspan. Doen dit ‘n hele paar keer. 

4. Slanker Binnebene

As jy aan die vetlagie aan die binnekant van die dye wil ontslae raak, moet jy die spieroefening met aerobiese oefeninge kombineer, wat die vet sal help verbrand. Kliek hier vir ‘n binnebeen-oefening.

5. Detoks gereeld

Die modern lewe met sy geprosesseerde kos, stres, besoedeling en alkoholgebruik maak dat dit nodig is om van al die opgehoopte afvalstowwe ontslae te raak. Suiwering (detoks) behoort  baie gereeld gedoen word.

Detokswater resep:

Sny die volgende in skyfies in ’n groot houer met 1,5 tot 2 liter water:

  •  Halwe komkommer: bevat anti-inflammatoriese eienskappe.
  • Halwe suurlemoen: help jou om van gifstowwe ontslae te raak.
  • Halwe pomelo: daar word beweer dat pomelo help met vetverbranding.
  • Jy kan ook ander vrugte gebruik soos aarbeie, lemoene, bloubessies.
6. Vermy alkohol as jy gewig wil verloor

Alkohol bevorder vetberging. Die liggaam berg nie alkohol nie maar gebruik dit dadelik as energie. As jy dus eet én alkohol gebruik, verbrand jou liggaam die alkohol en nie die kos nie. Die energhie afkomstig van alkohol staan bekend as leë kilojoules omdat dit geen voedingswaarde het nie. 

 7. Oefen 3-5 keer ‘n week

Een of twee keer per week is nie genoeg om jou liggaam te kondisioneer om vet vry te stel en te verbrand nie. Vir goeie resultate moet jy minstens vier keer per week oefen. As jy bloot oefen vir gesondheid of om jou gewig konstant te hou is drie keer per week genoeg. Laai die Linda Kriel Fitness Toep af vir jou weeklikse oefenprogram.

8. Neem ‘n selfie

’n Goeie idee is om – voordat jy begin met ‘n program – ’n selfie te neem sodat jy “before” en “after” foto’s kan hê vir jouself.

Wenk: Wanneer jy jouself afneem, staan in ’n gymbroek en oefentoppie of bikini-top. Staan gemaklik met jou gewig eweredig versprei wanneer jy die foto neem en staan ontspanne sonder om jou maag in te trek. Neem eenkeer per maand ’n foto en maak seker dat jy elke keer dieselfde klere aanhet.

9. Drink baie water

Dit help met gewigsverlies!  Dis maklik om honger met dors te verwar. Soms voel jy op die onmoontlikste tye honger, maar dalk is dit jou liggaam se behoefte aan vloeistof wat jou verwar. Drink ‘n glas water en wag 15 minute. Dalk is jy dan glad nie so honger soos jy gedink het nie. 

10. Oefen saam met ‘n maatjie

Dit sal jou baie help as jy ‘n afspraak het met ‘n vriendin of metgesel wat saam met jou oefen.  Om saam in die ding te wees met ander mense is nie net baie motiverend nie, maar dit hou jou ook op jou tone.

Laai die Linda Kriel Fitness Toep af en doen die oefeninge elke dag saam met iemand, of volg die eetplan op die toep saam met jou man.        

 

Leave a Reply