Watter Eetplan Om Te Kies

Kies Jy Banting of Lae Gi ?

Enige eetplan werk, die vraag is, kan jy daarby hou? 

Lees hier meer voordat jy jou keuse maak:

BANTING

 

  • Banting is vir mense wat sukkel om gewig te verloor as hulle koolhidrate (brood, aartappels, rys, suiker en ander stysel) eet. Koolhidrate en suiker veroorsaak dat jou insulienvlakke styg en daarom voel jy ook chronies honger en kry “cravings”. Dit is die ideale plan vir mense wat insulienweerstandig is en ook vir mense wat aan vetsug ly. Dit is n Lae Koolhidraat, Hoë Vet eetplan waar jy stysel en suiker heeltemal uitsny en meer goeie vet in jou eetplan toelaat. Met ander woorde as jy opgeblaas voel nadat jy brood of stysel geëet het, of as jy gewig optel sodra jy stysel of suiker eet, is dít die eetplan vir jou. Die koolhidrate wat jy inneem is in die groente. Jy kry jou energie van “vet”, met anderwoorde olyfolie, botter, volroom produkte, kaas, neuteens. Nuutste navorsing het bewys dat dit nie vet in jou dieet is wat hartsiektes veroorsaak nie, maar wel verfynde koolhidrate en suiker. Ons Banting eetplanne is saamgestel deur Anel Kirsten, n dieetkundige van die Kaap en Dr Schoombee van Stellenbosch.
  • Met die Banting leefstyl eet mens net as jy honger is. Hierdie eetplan is dus net n riglyn. As jy nie honger is nie kan jy etes oorslaan. As jy honger raak tussen maaltye dan het jy nie genoeg vet ingeneem in jou vorige maaltyd nie.
  • Volg die Banting-riglyne en die GROEN; ORANJE en ROOI lyste.
  • Alkohol: drink droë witwyn, rooiwyn, droë sjampanje of Whiskey en water/soda. As jy alkohol gebruik en steeds sukkel om gewig te verloor. Sny alkohol uit.

Kry jou aanlyn Mooi Maag & Banting oefen- en eetplan hier: 

Combo Mooi Maag & Wenlyf Banting

LAE GI

  • Mense wie se insulienafskeiding gereeld die hoogte inskiet, sukkel om gewig te verloor. Verfynde koolhidrate veroorsaak skommelinge in jou insulienvlakke. Indien jy NIE koolhidrate in jou dieet wil beperk tot net groente nie, maar steeds brood, pasta en aartappels wil eet, volg dan die Lae GI plan. Geen verfynde meel nie, geen witbrood, koek ens nie, maar wel stysel met  lae GI indeks. Dit is koolhidrate wat energie stadig vrystel. Omdat jy egter koolhidrate in die eetplan kry, is dit n lae vet eetplan. Moenie koolhidrate en hoë vet kombineer nie!
  • Kyk gereeld na nie Glukemiese Indeks wat jy saam met jou eetplan kry, om uitruilings te maak vir koolhidrate.

Kry jou aanlyn Mooi Maag en Lae GI oefen- en eetplan hier:

Combo Mooi Maag & Lae GI 

 

Comments 13

  1. Goeiedag, ek het n groen sop-resep wat bestaan uit broccoli, seldery, ui, spinasie of kale, klein bietjie gevriesde erte, hoenderaftreksel, halwe blikkie botterbone, sout en peper. Kook 5 min, versap, roer bietjie basil pesto in sop en bedien. Mag ek dit in plek van die tamatiebasis sopresep gebruik wat julle voorstel? Ek kan die botterbone en erte uitlaat as nodig.

    1. Hi Ilse

      dankie vir jou navraag. Op die Banting eetplan sal jy die erte en bone moet uitlaat anders is die koolhidrate inhoud van jou sop te hoog.

      Groete
      Lize (Biokinetika)
      LINDA KRIEL FITNESS

    1. Hi

      Ons is baie jammer om dit te hoor.
      Ons eetplanne is nie geskik vir mediese gevalle nie.
      Ons sou aanbeveel jy gaan sien ‘n Dieetkundige wat vir jou dogter ‘n spesifieke eetplan saamstel.
      Mense het verskillende ‘triggers’as dit by mediese diete kom en ons dra geen mediese kennis of geskiedenis van haar nie.
      Baie sterkte, ons hoop julle kom reg by ‘n Dieetkundige of proffesionele hulp.

      Groete
      Lize (Biokinetika)
      LINDA KRIEL FITNESS

          1. Hi

            Ons eetplanne is gesonde gebalanseerde spyskaarte, maar dit is ook vir vroue vir gewigsverlies.
            Maak seker dat jou dogter genoeg energie inneem vir groei.
            Baie sterkte!!

            Groete
            Lize (Biokinetika)
            LINDA KRIEL FITNESS

    1. Hi Retha

      Dankie vir jou navraag.
      Ek het gaan raad vra by ons dieetkundige, Anel en hier is haar antwoord: “Ek stel voor dat sy haar bloed nl LIPOGRAM laat toets elke 3 maande om te sien wat met haar cholesterol vlakke gebeur. Gene speel ‘n groot rol en daaraan kan mens nie veel doen nie. Sekere mense se cholesterol telling kom af op Banting, ander sin neem toe. Dus indien sy liggaam verswak op Banting stel ek voor hy kyk na ‘n ander dieet. Dit sal ook waarde hê om met ‘n dieetkundige te gesels wat sal help met monitering en bloedtoetse. Dit sal goed wees en help om intussen eerder meer te foKus op vette soos neute, olywe, avokadopeer wat meer plantaardig is om versadig te voel as te veel proteiene.”

      Groete
      Lize (Biokinetika)
      LINDA KRIEL FITNESS

  2. More

    Ek het so jaar terug die 28 dae eetplan gevolg en goed gewig verloor so 15kg. het nou weer bietjie opgetel en sukkel om weer op dreef te kom met die plan.

    wil net uitvind of die 28 dae eetplan goed of sleg is? kan ek aangaan daarmee of eerder iets anders volg?

    het ook in die tydperk wat ek die plan gevolg het nogal baie hare verloor en begin gout kry.

    dankie
    Rita

    1. Hi Frans

      Gaan na https://www.lindakriel.co.za
      (Selfoon kliek op 3 strepies vir die menu)
      // kliek op My rekening en Teken in.
      // Vul jou username en password in en kliek op Login.
      // kliek op OEFEN-en EETplanne en jy sal jou planne sien.
      // ‘Hover’ op jou planne(Wenlyf Banting). Daar sal ‘n foto/logo verskyn en onder die foto is die inhoud waarna jy soek.
      // Kliek op die inhoud onder foto en kliek op dit (bv inleiding, Detoks, eetplan ens) waarna jy opsoek is.
      Geniet jou eet- en oefenplanne!

      Mans moet hul proteien porsies 1,5 tot verdubbel met die eetplanne.

      Groete
      Lize (Biokinetika)
      LINDA KRIEL FITNESS

Leave a Reply