Wat is die verskil tussen ons Toep en ons aanlynplanne?

Wat is die verskil tussen ons Toep en ons aanlynplanne?

 

❇️Die toep is makliker om te gebruik, want alles is op jou slimfoon. 🔸Met die aanlynplanne, moet jy elke dag inteken op die webtuiste met jou wagwoord om die program en eetplan te kry.

❇️Met die toep kry jy weekliks jou oefen- en eetplanne vooruit, heel jaar deur, elke week ‘n ander program.🔸 Die aanlynplanne bestaan slegs uit 21 dae se oefen en eetplanne en sommiges slegs 7 dae eetplanne, wat jy kan herhaal.

❇️Die toep het kort videos van die oefeninge. 🔸Die aanlynplanne het foto’s met beskrywings.

❇️Met die toep neem jy ‘n maandelikse subskripsie uit (R119). Die geld gaan maandeliks af van jou rekening deur die app store, OF ‘n jaarlikse subskripsie (wat die helfte goedkoper uitwerk [R59 pm jaarliks betaalbaar]). Jy kan enige tyd jou subskripsie kanselleer vordat jou volgende paaiement afgaan. 🔸Die aanlynplanne is net ‘n eenmalige bedrag wat jy per EFT of bankkaart betaal. (Pryse wissel tussen R110 tot R190 per plan.) Dit is aanlyn beskikbaar vir jou vir 6 maande.

❇️ Jy kry ‘n 7 dae gratis proeflopie wanneer jy jou toep afgelaai het en jou subskripsie gekies het. As jy kanselleer voor die 7 dae verby is, sal jou subskripsie nie afgaan nie. 🔸 Daar is geen gratis proeflopie vir die aanlynplanne nie.

❇️ Die toep se oefen- en eetplanne is dadelik beskikbaar sodra jy aangesluit het. 🔸Met die aanlynplanne moet jy tussen 2 en 12 ure wag voordat dit geaktiveer is.

 

Kliek hier om meer te lees oor die toep en om dit af te laai:

Linda Kriel Fitness Toep

 

 

 

Kliek hier om na die aanlynwinkel te gaan vir aanlynplanne:

Aanlynwinkel

 

 

 

 

As jy enige vrae het, kontak ons gerus:

epso: info@lindakriel.co.za

Bussiness Whatsapp: 078 040 4297

 

Comments 2

  1. Hello,

    Ekt ingedien en nou sien ek nie die eet planne, oefen programme resepte nie? Dit was onder aan die bladsy maar gee dit nie weer vir my nie. Ek bemoedig asb hulp. Wou vandag begin detox op jou plan 🙏🏻

    1. Hi Lurinda

      Jou App subskripsie is aktief en beskikbaar.
      Kan jy asb jou App opdateer/update onder jou App of Playstore se applications?
      Jy kan uitteken/logout en weer in teken/login.
      Of jy kan die App uninstall en weer install.
      Stuur asb vir ons ‘n whatsapp indien jy steeds nie regkom nie na: 078 040 4297

      Groete
      Lize (Biokinetika)
      LINDA KRIEL FITNESS

Leave a Reply