Wat is Carb Cycling en hoe werk dit?

Wat is ‘Carb Cycling’ en hoe werk dit

– Linda Kriel en Anel Kirsten

Linda Kriel:

Koolhidraat inname is al lank ‘n gewilde onderwerp.

Vir sommige mense werk ‘n Lae Koolhidraat, Hoë Vet eetplan wondere om hulle gewig in toom te hou, cravings en eetlus te beheer of om hulle bloedsuikervlakke onder beheer te hou. Ander kry dit nie reg om ‘n eetplan te volg wat geen koolhidrate insluit nie.

Die afgelope jaar doen ek ‘carb cycling’. Ek het begin om my lae koolhidraat (Banting/Keto) eetplan weekliks af te wissel met my Lae GI Lae Vet eetplan. Nadat ek my nuuste e-boek, die Mediterranean Diet vrygestel het, het ek ‘carb cycling’ gedoen, deur die Banting/Keto af te wissel met my Mediterreense eetplanne. Daar is 3 eetplanne op die LK FITNESS APP en as jy carb cycling wil doen kan jy die Banting/Keto afwissel met die Lae GI Lae Vet eetplan óf die Mediterreense eetplan.

Let wel: moet nooit twee eetplanne in een dag kombineer nie! Jy kan nie hoë vet én koolhidrate op een dag eet nie.

Dit is hoe ek dit huidiglik doen

Daar is verskillende maniere om Carb Cycling te doen, maar ek verkies een van die volgende twee:

  • Ek sal vir een week my lae koolhidraat, hoë vet (Banting/Keto) eetplan op die LK Fitness app doen en die volgende week doen ek die Mediterreense eetplan op die App.  OF
  • Ek sal gedurende die week Banting/Keto doen en oor ‘n naweek die Mediterreense spyskaart volg.

Carb cycling werk vir my, want na jare se Banting, het ek weer lus gevoel om goeie koolhidrate te eet, maar ek wou steeds soms ‘n lekker skaaptjoppie eet.  Nou het ek die beste van beide.

Ek het LK Fitness se dieetkundige – Anel Kirsten – gevra om ‘n stukkie oor carb cycling te skryf.

Anel Kirsten:

‘Carb cycling’ is ‘n redelike nuwe benadering. In plaas daarvan dat jy kronies op ‘n lae of hoër koolhidraat bevattende dieet is, bied carb cycling jou die balans tussen die twee tipes eetplanne. Dit hou moontlike psiologiese én fisiologiese voordele in vir die individu.

‘Carb cycling’  is ‘n dieet benadering waartydens ‘n individu hul koolhidraat inname alterneer op ‘n daaglikse of weeklikse basis. Bv. die een week volg jy ‘n lae koolhidraat (banting/keto) dieet en die week daarna ‘n dieet wat effe meer koolhidrate bevat soos die Mediterreense dieet – en so word die weke siklies herhaal. Of jy kan 2 dae ‘n dieet volg wat koolhidrate bevat, dan 2 dae die koolhidrate bietjie minder maak en dan weer 2 dae ‘n lae koolhidraat (banting/keto) dieet volg.

Dit word gedoen met die hoofdoel om gewig te beheer, vet te verloor of om ‘n gewigsverlies plateau te oorkom, of om eenvoudig te voorkom dat ‘n mens nie verveeld raak met ‘n eetplan nie.

Op die dae wat ‘n lae koolhidraat (banting/keto) plan gevolg word, verbeter die lae koolhidraat dieet ‘n persoon se insulien sensitiwiteit en verbeter dit die liggaam se vetverbrandings vermoë.  Die hoër koolhidraat dae (wanneer die Mediterreense dieet of Lae GI eetplan gevolg word), het weer ‘n positiewe impak op jou hormone – onderandere skildklier hormone, testosteroon en leptien. Hierdie hormone speel ‘n baie belangrike rol in die langtermyn sukses asook volhoubaarheid van ‘n dieet aangesien hormone ‘n invloed het op eetlus, ‘cravings’ en jou metabolisme.

Sou jy carb cycling doen met die hoof fokus om gewig te verloor,  moet jy seker maak dat jy steeds in ‘n negatiewe energie balans bly op ‘n daaglikse basis en NIE twee eetplanne in een dag meng soos jy luskry nie. Die LK Fitness app, maak dit maklik om die eetplanne af te wissel, want jy kry al drie eetplanne en die eetplanne is wel kilojoule beheerd en bevat genoeg protein asook vesel om jou langer versadig te hou. Wissel die lae koolhidraat (Banting/Keto) af met óf die Mediterreense eetplan, óf die Lae GI eetplan.

 

As jy die LK FITNESS Toep (wat al drie eetplanne insluit) wil probeer, kliek hier om meer uit te vind en 7 Dae gratis te kry:  LK FITNESS APP

 

Leave a Reply