Wat behels die LAE KOOLHIDRAAT (Banting) eetplan en leefstyl?

Banting is ’n term wat verwys na ’n LKHV (Lae Koolhidraat Hoë Vet) eetplan. Dit is vernoem na William Banting, ’n begrafnisondernemer in Londen wat in sy dertigs vreeslik oorgewig was. Nadat sy gewig drasties verminder en sy gesondheid verbeter het, het sy dieet bekend geword as die Banting-dieet.

Met die dieetrevolusie wat professor Tim Noakes aan die gang gesit het, het mense vir die eerste keer in hul lewe dit reg gekry om gewig te verloor sonder om honger te word én die gewig af te hou.

Vet is jou vriend

Banting is vir mense wat sukkel om gewig te verloor as hulle koolhidrate (brood, aartappels, rys, suiker en ander stysel) eet. Koolhidrate en suiker veroorsaak dat jou insulienvlakke styg en daarom voel jy ook chronies honger en kry “cravings”. Dit is die ideale plan vir mense wat insulienweerstandig is en ook vir mense wat aan vetsug ly. Dit is ‘n Lae Koolhidraat, Hoë Vet eetplan waar jy stysel en suiker heeltemal uitsny en meer goeie vet in jou eetplan toelaat. Met ander woorde – as jy opgeblaas voel nadat jy brood of stysel geëet het, of as jy gewig optel sodra jy stysel of suiker eet, is dít die eetplan vir jou. Die koolhidrate wat jy inneem is in die groente. Jy kry jou energie van “vet”, met anderwoorde olyfolie, botter, volroom produkte, kaas, neute ens. Nuutste navorsing het bewys dat dit nie vet in jou dieet is wat hartsiektes veroorsaak nie, maar wel verfynde koolhidrate en suiker. Ons lae koolhidraat hoë vet (Banting/Keto) eetplanne is saamgestel deur Anel Kirsten, ‘n dieetkundige van die Kaap en Dr Schoombee van Stellenbosch.

Is Banting vir jou?

Sommige mense is só gewoond daaraan om tussenin te peusel dat dit ’n aanpassing is om net te eet wanneer jy honger is. As jy eers gewoond is om suiker en stysel uit jou dieet te laat, sal jou brein outomaties die hoeveelheid kalorieë̈ wat jou liggaam nodig het, begin reguleer. Só sal jou gewig uiteindelik stabiliseer.

Met die Banting leefstyl eet mens net as jy honger is. As jy nie honger is nie kan jy etes oorslaan. As jy honger raak tussen maaltye dan het jy nie genoeg vet ingeneem in jou vorige maaltyd nie.

Kyk na die riglyne wat hier genoem word en besluit of Banting vir jou is.

Banting Riglyne:

Algemeen

  • Sny suiker en versoeters uit, behalwe Xylitol, Stevia en Erythritol
  • Sny graankosse, stysel en verfynde koolhidrate uit
  • Eet groente, dis jou bron van koolhidrate
  • Vrugte bevat baie vrugtesuiker en beïnvloed jou bloedsuikervlakke. Dus moet jy sny op vrugte en opmaak daarvoor deur meer groente per dag te eet. Indien jy vrugte eet, eet bessies en aarbeie matig.
  • Eet vet. In die Banting-eetplan kom jou energie van die gesonde vet wat jy eet. Saadolie (soos canola, sunflower, safflower, grapeseed ens.) is nie toelaatbaar nie
  • Die vet in die Banting-eetplan (botter, olyfolie, klapperolie ens) dien as ‘n eetlusdemper. Jy dínk dus jy neem baie kilojoules in, maar omdat die hoë vetinhoud van jou ete jou so versadig maak, voel jy nie heeltyd honger nie en eet jy aan die einde van die dag minder as gewoonlik.
  • Moenie te veel proteïene eet nie. Hierdie is nie ‘n hoë proteïen dieet nie, maar wel ‘n hoë vet, medium proteïen, lae koolhidraat manier van eet
  • Eet net totdat jy versadig is. Moenie eet as jy nie honger is nie en eet ‘n verskeidenheid van kosse, sodat jy genoeg voedingstowwe inkry
  • Let op porsie groottes – onthou, jy wil gewig verloor.
  • Die etes op die eetplan is voorstelle. Jy hoef nie ‘n volle ete te eet indien jy nie honger is nie – gaan dan eerder vir ‘n peusel-opsie soos neute of biltong, droë wors, Banting saadbeskuitjies , olywe of groente – komkommer, kersietamaties, broccoli, aspersies, sampioene, rissies
  • Moenie lae koolhidraat vrugte en groente afskeep nie – jy benodig die voedingstowwe

As jy ’n gesondheidsprobleem het en twyfel of jy die Banting-plan kan volg, gaan sien eers jou dokter.

Daar is ’n lang lys voordele van die leefstyl:

  • Gewigsverlies
  • Honger ly is iets van die verlede
  • Geen cravings
  • Hope energie
  • Verstandelik skerper
  • Slaap beter
  • Oefen beter
  • Bloedsuiker vlak is meer stabiel
  • Gewrigspyn kan verdwyn.
Wat sê dames wat al ons Lae koolhidraat Hoë vet Banting eetplanne gevolg het ?

“Hi Linda. Ek verloor gewoonlik moeilik, maar ek het al 9 kg oor 3 maande verloor deur die banting dieet te volg. Het baie meer energie.”
– A. Minnie

“Lekker, het al 1,4kg verloor in die 4 dae.”
– C.M. Stevens

“Dit is ‘n fantastiese eetplan. Is nou besig met week 2 en is alreeds 4,2kg af. Nooit honger en geen cravings.”
– A. du Toit

“Ek is ‘n diabeet, drink medikasie 2 keer en spuit insulien 4 keer ‘n dag. Ek monitor gereeld my bloedsuiker. 3kg verloor vir Februarie en my bloedsuiker gemiddeld is fantasties. Die beste in 8 jaar om eerlik te wees. My dokter is baie beïndruk. Dankie Linda.”
– L.G. Botha

Waar kry jy die Lae Koolhidraat (Banting) eetplan?

Jy kan dit in die LK FITNESS App kry OF in die WENLYF Banting aanlyn plan.

  • Kliek hier om uit te vind wat die verskil is tussen die app en die aanlyn planne: VERSKIL

Kliek hier om die LK FITNESS App te kry.

 

Kliek hier vir die Wenlyf Banting.

 

 

 

Leave a Reply