Waai Totsiens vir Pap Bo-Arms

Waai totsiens vir pap bo-arms.

Mans en vroue kan albei sukkel met pap bo-arms as hulle ouer raak. As jy vir iemand waai en daardie bo-arms van jou wapper soos vlerke in die wind, dan is hierdie 2 oefeninge vir jou. Doen dit 3 tot 5 keer per week. Oefening 2 is ‘n gevorderde oefening. As jy ‘n beginner is of jou arms is baie swak, doen eers net oefening 1 vir die eerste paar weke en daarna kan jy geleidelik met oefening 2 begin deur eers net 5 herhalings daarvan te doen.

Oefening 1: Stoot gewig boontoeunspecified

Hou een gewig van 2 tot 5kg vas bokant jou kop. (Mans kan swaarder). Buig jou elmboë en laat sak die gewig tot agter jou kop. Hou jou elmboë naby jou kop. Maak weer reguit. Doen 3 stelle van 10 tot 15. Dit werk dit die trisepspier aan die agterkant van jou bo-arms.

 

 

 

 

 

unspecifiedOefening 2a) Naby Greep Arm-opstote vir triseps

Hierdie oefening is baie soos gewone push-ups, maar jou hande is bymekaar en nie wyd uitmekaar soos met gewone push-ups nie. Op dié manier werk jou triseps (agter bo-arms) baie harder. Staan handeviervoet, maar plaas jou kniëe verder terug en kruis jou enkels. Jou arms is reguit en jou duime raak amper aanmekaar. Jou liggaam moet in ‘n reguit lyn wees. Moenie die boude uitstoot nie. As die oefening te moeilik is vir jou, doen dit staande met jou hande teen ‘n muur.

2015-02-11 09.49.452b) Buig jou arms en sak af.

Hou jou elmboë naby jou lyf wanneer jy jou arms buig. Sak jou bolyf totdat jou bors amper grond raak en stoot dan jouself weer op tot by die beginposisie. Mans kan die oefening moeiliker maak deur hul bene reguit te maak asof hulle gewone push-ups wil doen. Doen 3 stelle van 5 tot 15.

Besoek gerus die Tuisblad van my webwerf vir nog oefeninge, resepte, eetplanne gespesialiseerde programme en wenke. Kliek hier vir TUISBLAD

 

Fiksheids-groete

Linda Kriel

 

Comments 5

  1. Hi Linda
    Ek doen nou vir 3 weke aan jou DVD”s, en moet se ek geniet dit baie. Ek wil weet, gaan daai baie pap wapper arms heeltemal weggaan? en raak jou binne bene regtig kleiner, dat dit nie meer aanmekaar raak nie?

    Ek eet baie gesond, wil meer ferm raak, en die maag weg kry.

    Dankie.

    1. Hi Elsa

      Dankie vir jou navraag.
      Vir die omtrek van jou arms en bene om te verklein moet jy die vetlaag verminder onder die vel. Dit doen jy deur genoeg kardio (stap, draf, swem, fietsry ens), spierversterkende oefeninge en die regte eetplan.
      Maak seker jy doen die regte en genoeg oefeninge vir die probleem areas.
      As jy ‘n spesifieke area het waaraan jy wil aandag skenk maak seker dat jy daardie area bv. bo-arms 3-4 keer ‘n week versterk met arm oefeninge. So jy kan die oefenprogram effens aanpas om jou probleem areas te verbeter.
      Jou dieet speel ‘n groot rol om te verseker jy verbrand vet en stoor dit nie. Al die kilojoules wat ons inneem en nie gebruik word nie word gestoor in die vorm van vet.

      Groete
      Lize (Biokinetika)
      LINDA KRIEL FITNESS

  2. Kyk, op 53j het ek net besluit my arms sal nie soos my ouma s’n lyk nie!! Tot hiertoe en nie verder nie!! En in die somer dra ek moulose toppies en nou begin die ouderdom wys…a nee aaa!!

Leave a Reply