Chilli con Pollo
(4 porsies)
Bestanddele:
- 2 teelepels olyfolie
- 1 ui, fyngekap
- 500g maer gemaalde (grond) hoender of volstruis
- 1-2 teelepels ligte rissiepoeier
- 400g blikkie tamaties gekap
- 2 eetlepels tamatiepasta (gekonsentreerde puree)
- 400g blikkie rooi nierbone, gedreineer en afgespoel
- 400g basmati rys, afgespoel en gedreineer
- 4 eetlepels gekapte pietersielie
- 250 g (l koppie) lae-vet gewone jogurt
Metode:
- Verhit die olie in ‘n groot kastrol.
- Voeg die ui by en kook oor medium hitte vir 3 minute, of tot sag.
- Verhoog die hitte en voeg die hoender by.
- Kook tot bruin, roer met ‘n houtlepel om klonte te voorkom of te verwyder.
- Voeg die rissiepoeier by en kook vir ‘n minuut.
- Voeg die tamatie, tamatie pasta en 125 ml (4 fl oz/1/2 koppie) water by en roer goed. Bring tot kookpunt.
- Verminder dan die hitte en prut vir 30 minute.
- Roer die nierbone by en verhit deur.
- Geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper.
- Intussen, kook die rys.
- Strooi die rissie con pollo met die pietersielie en bedien met die jogurt en rys.