Vetverbranding-Sop

Vetverbranding-sop

Jy kan die sop enige tyd eet wanneer jy honger voel. Dit hou jou versadig en maak nie vet nie. Hierdie sop kan saam met ons Lae GI en Banting eetplanne gebruik word. As jy dit as ‘n ete eet: op die Banting eetplan, kan jy bietjie kaas oorstrooi en op die Lae GI eetplan kan jy ‘n snytjie lae GI brood saam eet.  Moet nooit SLEGS hierdie sop eet vir ’n paar dae aaneen om gewig te verloor nie, dit bevat nie al die voedingstowwe nie en jy sal aan wanvoeding lei.

Bestanddele:

  • ’n Halwe (tot 1) koolkop
  • 2 Blikkies fyngemaakte tamaties
  • +- 3 Blikkies water
  • 2 Groenrissies
  • 6 Groot uie
  • 1 bossie seldery
  • 2 Beesvleis-blokkies

Metode:

  1. Sny groente in stukkies en bedek met water.
  2. Geur met sout, peper, basielie kruid (basil), paprika, 2 beesvleis-blokkies, kerrie (opsioneel)
  3. Kook tot groente sag is.

 

Op 23 Augustus word die nuwe Linda Kriel Fitness Toep vrygestel. Daarin sal jy albei eetplanne en nog smullekker resepte kry . Hou die Facebookblad dop: KRY DAAI LYF

OF Kry vandag ‘n aanlyn eet-en oefenplan hier: Kick-start Plus 

Linda xx

Leave a Reply