Vet-verbranding In ‘n Kits

VET-VERBRANDING IN ‘N KITS

Te besig om te oefen? Ek het hierdie vetverbrandings-program uitgewerk vir dames wat nie baie tyd het nie, maar steeds nodig het om fiks te word, gewig te verloor (of in toom te hou) en al hul spiere op te knap. Ek self doen hierdie program gereeld. Ek hou daarvan omdat ek lekker sweet en in ‘n kort tydjie ‘n klomp spiere opknap.

Volg my wenplan vir besige vroue en smelt jou vet weg.

Gelukkig hoef jy nie ure aan oefening te spandeer om enige voordeel daaruit te put nie. Nuwe navorsing toon dat kort sarsies intense oefeninge jou kanse op hartsiektes, vetsug en diabetes verminder. Die geheim is … jy moet sweet. Laat elke minuut wat jy oefen tél!
Hierdie kort program vir besige vroue is ’n hoë intensiteit rondte-oefenprogram wat jy elke dag gedurende die week kan doen. Die beginsel van dié program is om jou harttempo vir 50 sekondes te laat styg met ’n hoë intensiteit aërobiese oefening soos oefening 1 (of hardloop op die plek, of op en af van ‘n trappie) en dit daarna met ’n strawwe spieroefening (soos oefening 2,3,4,en 5) af te wissel, sonder om tussenin te rus.
Doen dus oefening 1 (of touspring of trappie hardloop) tussen elke oefening. Een rondte sal 8 minute duur. Probeer elke dag 1, 2 of 3 rondtes te doen, afhangend van hoeveel tyd jy het. Rus 1 minuut na elke rondte. Onthou die goue reël, jy moet VOLUIT gaan.

Vir die gemak om in jou eie huis te kan oefen kry my DVD’s: Kliek hier

https://lindakriel.co.za/product-category/dvds/

Let wel: Voor jy begin, warm eers op deur vir 2 minute liggies op die plek te draf en jou arms te sirkel en op en af te stoot. Doen dan ook ’n paar ligte strek oefeninge vir jou hamstrings en bobene.

1) Spring en lig jou knie

unspecifiedSpring en lig jou linkerknie op na jou bors, terwyl jy jou bolyf draai sodat jou regterelmboog na jou linkerknie gaan. Spring weer met voete bymekaar en lig dan jou regterknie. Hou aan so spring en knie-lig vir 50 sekondes. Doen dit baie vinnig en as baie onfiks is doen dit sonder om te spring.

2) Agtertoe hurke (lunges) vir bobene en boude

IMG_7391Hurk ver agtertoe met jou linkerbeen en hou hom reguit. Jou voorste been is 90° gebuig. Probeer die vloer raak met jou hand. Kom regop en herhaal dan met jou regterbeen na agter. Om dit moeiliker te maak kan jy gewigte vashou. Probeer raak die gewig op die grond. Beginners hoef nie die vloer te raak nie. (Tyd: 50 sek)

3) Heupe, Middellyf en Boudjies

unspecifiedStaan hande viervoet en plaas jou linkerhand op jou heup en jou linkerbeen uit na die kant. Lig nou jou been sywaarts op en laat sak weer tot jou tone liggies raak op die grond. Lig en laat sak, lig en laat sak 15-20 keer. Herhaal regs. Hou jou maag ingetrek.

4) Naby greep push-ups vir jou bo-arms

2015-02-11 09.49.45Hierdie is push-ups met jou hande naby mekaar. Hou jou elmboë naby jou lyf wanneer jy afgaan en opstoot. Op dié manier werk die agterste deel van jo bo-arms meer. Om vir 50 sekondes dié variasie van push-ups te doen kan baie moeilik wees. Doen soveel jy kan, rus dan ‘n paar sekondes en doen dan weer ‘n paar. As jou arms te moeg word, staan dan op en draf op die plek tot jou 50 sekondes verby is.

5) Spog-skouers

unspecifiedAs jy moulose klere wil dra, is skoueroefeninge ’n móét. Hou twee ligte handgewigte (1,5 of 2kg elk) skouerhoogte vas. Asem uit en stoot die gewigte bo jou kop uit. Laat sak weer totdat dit skouerhoogte is. As jy baie fiks is kan jy ook squat wanneer jy die gewigte laat sak. (Tyd: 50 sek)

Ek hoop julle gaan die program geniet!! Besoek gerus my webwerf vir nog gratis programme. Kliek bo in die menu op Gratis.

Lekker oefen!

Linda xxx

Comments 16

  1. Hi

    Ek het vandag aangesluit. Ek is onseker oor baie dinge. Ek het wel 2 planne betaal en aangekoop dus wag ek daarvoor. Ek is klein en fyn met baie maag vetjies en dan weer die dun bene sonder kuite….ek wil focus om gewig in my bo en onder bene op te tel. Ek tel NET op by my maag. Nie baie aktief nie maar bietjie. Ek eet ook baie verkeerd ek weet. Ek is 41. Wat kan ek eet om gewig OP TE TEL maar NIE by my maag nie? 3 kinders wat al redelik groot is…vet om maag bly daar en word net meer…..boude begin hang….iets moet vir my werk want ek gaan my alles insit! Wat moet ek dadelik uitskakel om die maag vet te stop? Help asb sodat ek n sukses hiervan kan maak – ek moet weet wat om te eet en wat nie en absoluut sal ek die oefen program volg. Ek hoop ek het die regte goed bestel…..Order nr is 48426

    1. Hi Alida
      Jou planne is aanlyn beskikbaar en jy kan dadelik begin.Linda se eet- en oefenplanne is vir vroue wat gewig wil verloor. As jy die planne wat jy gekoop het goed deurlees sal jy dadelik kan sien wat jy moet uitsny en baie van moet eet. Sodra jy die planne ‘n rukkie gedoen het kan jy vir my vrae e pos en ek sal hulle spesifiek beantwoord.
      Vir maagvet is eetgewoontes, oefening en leefstyl baie belangrik maar Linda vertel jou als in haar planne, veral die Mooi Maag plan.
      Oefening is baie belangrik om ferm, fiks en om gesond te wees. Die programme is vir spieropknapping van probleem areas soos boudjies of bo-bene of maag ens en kardio vir vetverbranding. Onthou spiere verbrand meer vet oor ‘n langer tyd. Hou net aan en moet nooit opgee en op hou nie. Begin vandag en jy sal resultate sien. wees net geduldig dit vat tyd en deursettingsvermoë!
      Geniet jou eet- en oefenplanne.

      Groete
      lize (Biokinetika)
      LINDA KRIEL FITNESS

    1. Hi Nicolene

      Vervang tamaties met enige lae koolhidraat groente soos Sampioene, rooi pepers, spinasie. (Dit is jammer dat jy nie tamaties kan eet nie, maar jy kan dit vervang met enige ander rooi of geel of oranje groente.)
      Vermy die neute en kies biltong of kaas of enige ander peuselhappie wat aangedui is in die eetplan.

      Groete
      Anel (Dieetkundige)
      LINDA KRIEL FITNESS

  2. Hi Linda
    Ek probeer ook jou banting eetplan volg. Ek het ‘n spastiese dikderm wat my geweldig pla. Ek sukkel daagliks met maagpyn en opgeblasenheid. Enige voorstelle wat ek anders moet eet.
    Ek is ook ‘n soettand, maar beperk my baie daarmee. Enige ander altrnatiewe vir soet??
    My gewig ry ook vreeslik wipplank. Verstaan nie wat ek verkeerd doen nie. Ek is baie aktief.
    Hoop jy kan my bietjie moed inpraat

    1. Hi Iizha
      Die Banting eetplan is beter omdat jy jou koolhidrate van jou groente kry en nie van ander koolhidrate( suiker en meel) waarvan’n spastiese kolon nie hou nie. Jou eetplan moet ‘n leefstyl word en nie ‘n dieet nie.

      Ons Dieetkundige Anel antwoord jou vraag as volg.
      “Ek stel voor dat jy met ‘n dieetkundige gesels. Spastiese kolon pasiente het individuele en spesiale aandag nodig en moet die regte advies kry.
      Jy kan die soet vervang met ‘n versoeter. Oppas vir hoë volumes Xylitol, dit kan iemand met ‘n spastiese dikderm verder opblaas, pyn en ongemak veroorsaak. Daar is egter niks verkeerd met net 2-3 blokkies donker sjokolade so per geleentheid nie. Kompenseer daarvoor deur 20 min ekstra oefening of sny op jou kolihidraat inname deur die loop van die dag.
      Persone met spastiese kolon het spesifieke advies nodig aangesien meeste mense met spastiese kolon se simptome en ‘triggers’ verskil.”

      Bly aktief en wees baie wakker vir kos wat jou toestand kan vererger. Suiker en witmeel produkte is glad nie goeie keuses vir jou om te maak nie. Neem goeie en ingeligte besluite oor wat jy eet. Onthou ook dat ‘n spastiese kolon niks hou van stres en angstigheid nie.

      Hou aan om aktief te bly op die langduur sal jy goeie vrugte pluk.

      Groete
      Lize (Biokinetika)
      LINDA KRIEL FITNESS

  3. Goeie Dag Linda

    Ek het so pas vandag aangesluit en kan nie wag te begin nie

    Ek het probeer banting op my eie doen, dit het gewerk in die verlede maar ongelukkig het my hoslosie aangestap en hier op 46 is dit moeilik om van die hardnekkig vet ontslae te raak, ek sukkel veral baie met my maagvet.

    Ek moet omtrent 15kg afskud en ek sweer alles le in my pensie, oh ja en dan het ek die wonderlikste velle en vet op my rug ontwikkel . .

    Enige raad?

    1. Goeie dag

      Ek weet nie of jy reeds Linda se Mooi Maag program aangeskaf het nie. Dit is beskikbaar op haar web tuiste: https://www.lindakriel.co.za
      Daarin verduidelik sy dat daar 3 dinge is wat jy moet doen vir ‘n mooi maag nl, Versterk, verbrand en leefstyl.Die plan beskik ook oor ‘n 28 dag oefenprogram.
      As jy voorheen die Banting program gevolg het en dit het gewerk, doen dit weer. As iets werk hou daarby.
      Met ouer word is daar meer uitdagings as dit by ons vroue se gewig en vetverspeiding kom, maar dit is oorkombaar met bietjie harde werk en kennis. Ons metabolisme en hormone verander soos die tyd aanstap.
      Hoop dat ek jou vraag kon beantwoord.
      Lekker oefen, reg eet en positief wees en jy is op die regte pad.
      Mooi dag!

      Lize ( Biokinetika)
      LINDA KRIEL FITNESS

    1. Hello Leza
      Dankie vir jou vraag. Daar is nie ‘n spesifieke oefening wat jy daarvoor kan doen nie. Om van enige vet ontslae te raak moet jy kardio-oefeninge doen soos draf, fietsry, stap of die kardiovaskulere programme in my Fiks & Fabolous, 3 Weke 3 punt plan of die 21 Dag Kickstart.
      Groete
      Linda
      xx

  4. Hi Linda.

    Ek oefen gereeld met jou verbrand vet vinnig dvd. Ek wil net hoor, kan ek op n dag albei sessies doen, bv in die oggend vroeg die kardio sessie en dan later die middag die opknapping sessie? Ek probeer om 3 keer n week die vet verbranding te doen, en dan te kombineer met die opknapping, maar hoeveel keer n week stel jy voor om die opknapping ook te doen? Mal oor jou dvd!

    1. Post
      Author

      Hallo Chantell

      Ek is bly jy geniet my dvd!

      Ja, jy kan dit 2 keer per dag doen as jy genoeg energie het. Hoe meer mens oefen hoe vinniger jou resultate. Pasop dat jy jouself nie ooreis nie, maar as jy fiks genoeg is behoort dit nie ‘n probleem te wees nie.

      Groete
      Linda

  5. Hi Linda

    Vreeslik dankie vir jou eetplanne en oefeninge.
    Ek doen nou al ‘n jaar lank jou oefeninge op Kry Daai Lyf DVD – elke oggend 5 dae per week.
    Ek het 12 kg verloor met behulp van jou oefeninge en ook ”n gesonde leefstyl, maar ek sukkel geweldig om my bobene reg te kry. ek het vreeslik baie selluliet en hardnekkige vet (en sal weereens nie in ‘n swembroek kan klim hierdie vakansie nie).
    Behalwe jou gereelde bobeen oefening, is daar enige iets wat ek kan doen om vinnige resultate te kry?
    Groete
    Etheline Britz

    1. Post
      Author

      Hallo Etheline

      Baie geluk met die 12kg wat jy al verloor het. Dit is fantasties! Hier is vir jou ‘n paar wenke vir jou bobene:

      // Masseer gereeld jou bene om van selluliet ontslae te raak en doen afskilfering 2 of 3 keer per week
      // Moedig die bloedsirkulasie in jou bene aan. As jy bedags by die werk
      onaktief is, sorg dat jy af en toe opstaan om jou bene te strek of om ’n bietjie
      te stap. Die ou storie van – gebruik die trappe i.p.v die hysbak – help definitief vir mooi bene.
      // Hou aan om die oefeninge in my program te doen. Die programme op die Kry Daai Lyf dvd is omtrent 25 min lank. Jy kan nou begin om meer te doen. Doen 1 en ‘n halwe program (skakel net die opwarming in die tweede program uit). Doen stelselmatig meer totdat jy 2 episodes kan doen.
      // Masseer jou bene elke dag met ‘n spesiale gel as jy selluliet het. Gebruik jou kneukels om die gel in te vryf en vryf tot dit rooi word. As jy nie ‘n sellulietgel het nie, gebruik lyfroom.
      // Afskilfering een of twee keer per week sal sorg dat jou bene se vel gloeiend en gesond lyk.
      // As jy bloukolle het, vryf gekonsentreerde laventelolie in op die kol. Laventel is ‘n goeie anti-inflamatoriese middel.

      Sterkte en vriendelike groete
      Linda

        1. Hello Elize

          Daar is soveel selluliet-rome en -gels dat ek sou aanbeveel dat jy ‘n skoonheidsdeskundige om raad vra. Hulle sal meer en beter inligting het rakende die rome. Daar is rome wat beter werk vir die een en nie vir die ander persoon nie. Selfs by Apteke se skoonheids afdeling sal die dames jou beter kan help.
          Ek weet die groot geheim van die rome is dat jy dit elke dag moet gebruik. Onthou oefen en die regte dieet en leefstyl speel ook ‘n groot rol in die afname van selluliet.

          Mooi dag!
          Lize (Biokinetika)
          LINDA KRIEL FITNESS

Leave a Reply