Suurlemoen Geroosterde Hoender.

SUURLEMOEN GEROOSTERDE HOENDER   

Hierdie resep kan in beide my Lae Gi en Banting eetplanne gebruik word. Kliek hier vir die :

Fiks & Fabulous plan OF Kick-Start Plus : Albei planne het ‘n 21 dae Banting EN 21 Dae Lae Gi eetplan. Die Fiks & Fabulous en Kick-Start Plus kan gekombineer word, dan het jy 42 dae!

Bedien 4 persone.

Bestanddele:

20g vars basiliekruid-blare(basil)

2 suurlemoene

4 knoffelhuisies fyn gemaak

8 eetlepel olyfolie

6 hoenderborsies

8 murgpampoentjies

400g kersietamaties

Sout na smaak

Metode:

  1. Voorverhit oond tot 220 °C.
  2. Skeur die basiliekruid-blare in stukke, sny die murgpampoentjies in die lengte en maak knoffel fyn.
  3. Rasper die geel van die suurlemoenne se skil en sny daarna die suurlemoene op in wiggies.
  4. Plaas die gerasperde suurlemoen ‘zest’, knoffel, olyfolie en helfte van die basiliekruid-blare in ‘n bak en meng.
  5. Plaas die murgpampoentjie op ‘n bakplaat en plaas die hoender bo-op. Gooi lepels vol van die olyfolie mengsel oor die hoender. Strooi sout bo-oor. Bak vir 10 minute.
  6. Plaas die tamaties by en rooster 8 minute of tot hoender deurgaar is.
  7. Met opdiening drup ‘n bietjie suurlemoensap oor hoender, voeg orige basiliekruid-blare en suurlemoen wiggies by.

Bedien met ‘n heerlike slaai.

xx Linda

Volg my ook op Instagram: @lindakrielfitness

 

Leave a Reply