Sal ek ooit weer ‘n plat maag hê?

SAL EK OOIT WEER ’N PLAT MAAG HÊ?

Die antwoord is ja – veral as jy nog nie kinders gehad het nie.

Die grootste guns wat ’n vrou haarself kan bewys, is om haar maagspiere met gereelde maagspier oefeninge te versterk, lank voordat sy swanger raak en die oefeninge so gou moontlik ná die geboorte te hervat.

Met die regte oefeninge, ’n paar aanpassings in jou dieet en die nodige deursettingsvermoë kan jy weer binne ’n paar maande die vreugde van ’n plat maag ervaar.

Hoe plat wil jy jou maag hê?

Die waarheid is dat jou maag nie veronderstel is om heeltemal plat te wees nie.

Die rede? ’n Mens se bolyf het die vorm van ’n uurglas en die maagspiere is só geleë  dat dit ’n geronde (nie plat!) vorm aanneem om by die res van jou liggaam te pas. Daar sal altyd ’n effense kurwe wees.

Ferm maagspiere help om jou postuur te verbeter, maar sal ook lae rugprobleme help voorkom omdat dit die inwendige organe in posisie hou.

As jy oefen en kyk wat jy eet behoort jy gou ontslae te raak van onooglike vetrolle in die middellyf omgewing.

Doen die drie dinge vir ’n plat maag:

  • Versterk jou maagspiere deur gereeld (5 keer per week) maagspier oefeninge te doen.
  • Raak ontslae van die vetlagie onder die vel deur jou vetinname te verminder.
  • Doen kardiovaskulêre oefeninge soos draf, vinnig stap, fietsry, rondte-oefening (circuit), kardio kickboxing of HIIT.
Jy het ‘n keuse
Jy kan alleen probeer om jou maag plat te kry, of jy kan dat ons jou help.
Laai die LK Fitness toep
nou af en begin vandag!
Jou eerste 7 Dae is GRATIS.

  • Elke dag van die jaar ‘n ander oefenprogram vir Beginners, Middelvlak en Gevorderde vlakke.
  • Gesonde eetplanne: Jy kan altyd kies tussen 3: Lae koolhidraat (Banting/Keto) en Lae GI lae vet en Mediterreense eetplan.
  • Spyskaarte is maklik om te volg en bevat geen eksotiese of duur kos nie.
Jy kan ook die Mooi Maag oefenprogram aflaai.
Kliek hier: Mooi Maag aanlyn plan.

Dis ‘n aanlyn plan oefenprogram wat beskikbaar is vir jou vir 6 maande. Jy kry een program wat jy  Maandae tot Saterdae volg. Elke week word dit moeiliker. Sondae rus jy en laatmiddag begin jy met jou een dag detoks (ingesluit). Die oefeninge is vir enige fiksheidsvlak, daar is afdelings vir Beginners; Middelvlak en Gevorderde vlak.

Let wel: As jy die LK Fitness App het, hoef jy nie die Mooi Maag plan aan te skaf nie, want alles is ook op die app.

 

Leave a Reply