Saboteer Alkohol jou Gewigsverlies plan?

Saboteer Alkohol jou Gewigsverlies plan?

Wanneer jy gewig probeer verloor, is daar altyd die standaard advies van “eet minder kalorieë as wat jy verbrand.” Alle kalorieë word egter nie op dieselfde manier saamgestel, as daar na die effek op jou liggaam gekyk word, nie. Bv. 300 kalorieë van broccoli af, gaan nie dieselfde effek op jou bloedsuiker en metabolisme hê, as bv. 300 kalorieë, van ‘n stuk koek, nie

Watter effek sal 300 kalorieë van bier, wyn of mengeldrankies hê?  Alkohol het ‘n spesifieke, unieke uitwerking op ons liggaamsisteme – sommige daarvan maak dit moeilik om gewig te verloor, daar te hou en om aktief te bly.

Indien jou voedselinname en oefenprogram uitgesorteer is en gewigsverlies moontlik is, maar dit bly steeds ‘n uitdaging, sal jy na jou alkoholinname moet kyk.

So heerlik soos ‘n mojito of bier kan wees – word soms selfs as stres-ontlaaier en sosiale pasmaat gesien – het alkohol nie ‘n gunstige uitwerking op jou liggaam nie. Selfs rooiwyn se veronderstelde voordele vir die hart, word nou ook grootliks bevraagteken.

“Alkohol het ‘n skadelike uitwerking op verskeie liggaamsisteme,” sê Dr. Josua Scott, primêre sorg sportgeneeskundige aan Cedars-Sinai Kerlan-Jobe Instituut in Los Angeles. Korttermyn, het dit ‘n effek op die werking van die spiere, want kalsium se absorpsie deur spierselle, word deur alkohol geinhibeer, en dit  kan ly tot spierkrampe.

Alle alkoholiese drankies is vasodilators, wat beteken dat bloedvate tydelik wyer oopgaan – dis waarom baie mense warmer voel wanneer hulle ‘n drankie drink. Dr. Scott sê dit is egter ironies, dat jou kern ligaamstemperatuur eintlik verlaag, al voel dit nie so nie. Verder het alkohol ‘n dehidrerende effek en dit het ‘n invloed op al jou organe en sisteme, spysvertering ingesluit.

Die grootste effek van alkohol op jou gewig, is egter die effek op jou lewer se vermoë om suiker te prosesseer,  asook die wyse waarop dit absorpsie van alle nutriente verhinder, sê Dr. Scott. Hy voeg by dat alkohol jou vermoë om kalorieë effektief te verbrand, verlaag, en dit maak dit nog erger, sê hy.

Hy sê verder dat die vergelyking van “kalorieë in, kalorieë uit”, nie vir alkohol geld nie, omdat dit meer kalorie-digtheid as baie ander bronne van energie bevat. Die wyse waarop dit die verbranding van kalorieë verhinder, kan ook ‘n bron van kommer wees.

Buiten die spesifieke fisiese meganismes deur alkohol veroorsaak, kan dit ook sekondêre gevolge hê. Die gebruik van alkohol verlaag mens se inhibisies en dit kan ‘n invloed, op die wyse waarop jy gewoonlik jou eetgewoontes beheer, hê.  Enige persoon wat al ‘n wegneem-ete deurry gedoen het, nadat die kroeg toegemaak is, is deeglik bewus hier, sê Dr. Darria Long Gillespie, kliniese assistent professor van noodgevalle aan die Universiteit van Tennessee.

Alkohol kan ook jou slaappatrone verander, veral die mate van diep, genesende slaap. Dis veral merkbaar as ‘n drankie binne ‘n paar uur van slaaptyd geneem word, sê Dr. Gillespie.

Daar word beweer dat ongeveer 20%  van Amerikaners ‘n alkoholiese drankie neem, om hulle te help om te slaap. Dit is volgens die ‘National Sleep Foundation ( NSF). Hulle sê ook dat  alhoewel drankies wel slaap kan aanhelp, dit ook geneig is om jou algehele goeie kwaliteit slaap, te saboteer.

Die rede hiervoor is omdat dit jou ‘circadian’ ritme kan onderbreek, jou genesende REM slaap kan blokkeer en asemhalingsprobleme kan vererger. 

As jy nie goeie kwaliteit slaap inkry nie, kan dit jou atletiese optrede affekteer – dit is, as jy enigsens by oefen uitkom, sê Dr. Gillespie. Die wat so bietjie dof voel, al het hul nie babelas nie, kan oefening oorslaan, net om eerder hul herstellende slaap in te kry. As die aand egter nog ‘n rondte van drankies oplewer, en weer swak voedselkeuses en weer lae kwaliteit slaap, is dit moontlik om in ‘n siklus vasgevang te word wat jou weerhou van jou doelwitte bereik.

Ten spyte van die negatiewe effekte van alkohol, word daar nie geimpliseer dat niks gedrink moet word om gewigsverlies moontlik te maak nie. Matigheid bly die deurslag, en dit word gedefinieer as een drankie per dag vir vrouens en twee vir mans.

Die dokters stel voor dat indien jou gewigsverlies stilstaan, of daar ander gesondheidskwessies is, wat met alkohol verbruik, geassosieer kan word, soos bv. lae energievlakke of min slaap – dit die moeite werd is om ‘n “droë week” of selfs “droë maand” te hê, om die effek van geen alkohol, op jou waar te neem. Sommige kan ‘n hernieude begin tot gewigsverlies hê en weer gesonder gewoontes kweek

“Jy hoef dit nie vir altyd uit jou dieet te haal as jy nie wil nie”, sê Dr. Gillespie. Daar is soms egter baie meer waarde aan ‘n breek neem, eerder as om na lae-suiker- of lae-kalorie-opsies oor te gaan. Wanneer jy dan weer begin, moet jy aandag gee aan hoe dit jou affekteer.

Hierdie artikel is gepubliseer op die ‘My Fitness Pal blog‘.

Besoek my webwerf vir gespesialiseerde gewigsverlies programme en my oefenklere: https://www.lindakrielfitness.co.za/shop/

 

Beste Wense

Linda Kriel xx

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Leave a Reply