Roomkaas- en biltongballetjies

Roomkaas- en biltongballetjies

Dis vinnig, maklik en smaaklik!  As jy gedruk is vir tyd is hierdie balletjies ‘n wenner met letterlik 5 minute se voorbereidingstyd. Geniet die balletjies vir middagete saam met fyngemaakte avokado of ‘n slaai op die Banting eetplan.

Bestanddele:

  • 230g roomkaas – kamertemperatuur
  • 100g gesnyde biltong, weer gekap
  • 8 peppadews
  • 4 grasuie, fyngekap
  • 8 okkerneute

Metode:

  1. Plaas die roomkaas in ‘n mengbak en druk fyn met ‘n vurk. Roer effens sodat dit maklik kan hanteer.
  2. Kap die biltong en peppadews in fyn stukkies en voeg by die roomkaas. Roer deeglik deur met die vurk.
  3. Kap die okkerneute en grasuie ook fyn en plaas op ‘n aparte bordjie.
  4. Gebruik jou hande om die roomkaasmengsel in 12-14 klein balletjies te rol.
  5. Rol laastens elke balletjie in die grasuie en okkerneure vir afronding.
  6. Maak 12-14 balletjies.

Kry hierdie en heelwat ander resepte en jou daaglikse oefenprogram op die TOEP, kliek hier vir meer: Linda Kriel Fitness Toep

Bly aktief en gesond!

Linda xx

Leave a Reply