Raak ontslae van jou Boepie.

Die maag is die nommer een probleemarea by 70 % mense. ‘n Algemene fout wat gemaak word is om te dink dat die maag sal plat word as jy ‘n 1000 opsitte per dag doen. Maagspier-oefeninge ís uiters belangrik vir ‘n plat maag, want dit versterk lui spiere en dus word jou omtrek kleiner omdat die slap spiere – wat uitgesit het – nou styf word en dus minder “spasie” neem.

Om jou maag plat te kry verg egter méér as net maagspier-oefeninge.

IMG_1636

Doen dié drie dinge vir ‘n plat maag:

1. Versterk jou maagspiere deur gereeld (5 tot 6 keer per week) maagspier-oefeninge te doen. As jy nie weet hoe nie, kry die 4 weke MOOI MAAG PLAN . Sterk, ferm spiere sal die omtrek van jou maag kleiner maak.
2. Bo-op die maagspiere is daar ‘n laag vet. Jy kan dus baie maagopsitte doen, maar niemand sien ooit jou sespak nie, want jy moet eers van die dik vetlaag ontslae raak bo-op die spiere. Dit kry jy reg deur kardiovaskulêre oefeninge – vir vetverbranding – te doen, 4 keer of meer per week. Dit sluit in oefeninge soos vinnig stap, draf, fietsry, asook my Skopboks, Bootcamp en Rondte-oefeninge op Kry Daai Lyf DVD’S. Die MOOI MAAG PLAN het ook kardio in vir vetverbranding.
3. Moenie te veel eet en drink nie. Jy kan so hard oefen soos jy wil, maar as jy te veel eet en drink teenoor die energie wat jy verbrand, raak jy vet en as jou maag jou probleemarea is, is dit waar jy eerste weer gewig aansit.

Comments 1

Leave a Reply