Wenlyf Banting Plan

R95.00

Skud die ekstra kilo’s!
Jy kry 2 Eetplanne: ‘n Eendag Suiwerings (detox) plan en die Banting 7 dae spyskaart PLUS 2 of 3 oefeninge per dag vir jou probleemareas.
Kry jou plan vandag! Droom dit, wens dit, doen dit!

Lees gerus hier onder vir meer inligting.

Description

Kry nou jou Wenlyf Plan en volg die gesonde Banting Eetplan om maklik gewig te verloor.

Mense kry ongelooflike goeie resultate met die Banting eetplan! Nuutste navorsing toon dat die vet in jou dieet nie verantwoordelik is vir hartsiektes nie, maar dat dit wél suiker en stysel is wat die sondebok is!

Jy kry oefeninge ook: Linda Kriel wys vir jou die régte oefeninge om ferm boudjies, mooi bene en ‘n plat maag te kry!

Die Detoks-eetplan doen jy vir 1 dag voordat jy met jou Banting eetplan begin. Jy kan die Suiwerings-eetplan 1 maal per maand doen as jy voel jy het dit nodig.

Volg dan die 7 Dae Eetplan en bestudeer die Groen, Oranje en Rooi lyste sodat jy die weke daarna dieselfde 7 Dae Eetplan kan gebruik en uitruilings maak.
Om gewig te verloor én slank te bly, is dit belangrik dat jou bloedsuikervlakke stabiel bly en dat daar geen skerp afskeiding in insulien moet plaasvind nie. Mense wat stysel eet en wie se insulienafskeiding gereeld die hoogte inskiet, sukkel of het ’n onvermoë om gewig te verloor. Koolhidrate en suiker veroorsaak dat jou insulienvlakke styg en daarom voel jy ook chronies honger.

Jou Wenlyf Banting Plan sal onmiddelik vir jou beskikbaar wees op die webwerf sodra ons jou bewys van betaling ontvang het. Laat asb 2 tot 12 ure toe sodat ons jou toegang tot die eetplanne kan aktiveer op die webwerf. Jy sal ’n epos ontvang sodra jou eetplanne geaktiveer is. Dan teken jy in op die webwerf met jou Gebruikersnaam en Wagwoord.

Let wel: hierdie is nie ‘n boek of ‘n DVD wat gepos word nie.

Jou BantingPlan is beskikbaar aanlyn vir 6 maande. Die eetplan kan uitgedruk word.

Die Wenlyf Banting Plan word gevolg op hierdie webwerf. Jy kan jou Eetplan uitdruk as jy wil en die oefeninge vir Week 1, 2 en 3 is aanlyn beskikbaar. Jy teken in met jou Gebruikersnaam en Wagwoord wat jy self skep wanneer jy aansluit – en jou eetplan en oefeninge is daar reg ir jou. Die program is aanlyn beskikbaar vir jou vir 6 maande.

Detoks en Eet gesond

Die suiwerings-eetplan is opsioneel. Maar ek beveel ten sterkste aan dat jy daarmee begin. Volg die Suiweringsplan net vir 1 dag en begin dan die volgende dag met jou Banting Eetplan. Jy kan die suiwering 1 keer per maand doen.

7 Dae Eetplan

Dit is ’n baie lekker eetplan om te volg vir dames wat gewig wil verloor. Die eetplan bestaan uit Ontbyt, Middagete en Aandete. Jy behoort gad nie honger te word tussenin nie. Jou hele gesin kan saam met jou die eetplan volg, maar jy moet self die porsies aanpas vir jou man en kinders. Daar is geen snaakse duur kosse nie. Dit is etes wat jy vinnig kan voorberei.

Resepte

’n Paar maklike Banting resepte.

Oefeninge vir jou Bobene, Boudjies en Maag

Jy kry elke dag Maandag tot Saterdag 2 opknappingsoefeninge vir jou probleemareas. Sondae strek jy. Jou oefenprogram bestaan uit een 7 Dae oefenprogram wat jy vir die volgende twee weke herhaal. Hierdie is ‘n voorbeeld:

  • Maandae: Boude + Binnebene
  • Dinsdae: Heupe en Hamstrings
  • Woensdae: Maag + Muffin-tops
  • Donderdae: Bobene + Heupe
  • Vrydae: Bobene, Heupe en Boude
  • Saterdae: Maag en Muffin-tops
  • Sondae: Strekoefening