Stap saam met Linda Kriel – Kaapstad

6 Dae stap saam met Linda Kriel & Dr Adriaan
Ervaar pragtige staproetes… kos uit die boonste rakke… lekker Kaapse wyn
5 – 10 Mei 2019

Bepreek nou om saam met Linda Kriel en Dr Adriaan te kom stap, oefen en kuier in die mooiste Kaap.

Kan slegs 20 dames akkommodeer.

Dit gaan die ervaring van die jaar wees!

Staproetes wissel. Elke dag stap ons vir 2 tot 3 ure en soms doen ons oefeninge tussenin vir probleemareas saam met Linda (net dié wat wil 😄). Die stap eindig gewoonlik met ‘n streksessie en dan volg ‘n heerlike middagete en kaapse wyn by van die beste restaurante. Daarna word ons terug vervoer na die hotel vir ‘n middag op jou eie, om Kaapstad verder te ontdek, of om te rus.

Fiksheidsvlak: Jy moet ten minste 3 ure kan stap. Jy hoef nie baie vinnig te kan stap nie. Op jou eie pas. Dié wat baie fiks is en vinnig stap of draf, sal ekstra oefeninge saam met Linda doen terwyl die ander opvang. Linda het al ‘n dame van 69 gehad wat die hewels en valleie saam gestap het in Tuscany.

Toer sluit in:

  • 5 Nagte verblyf  in die goed geleë Seepunt Protea Hotel.
  • 5 Ontbyte; 4 Middagetes met wyn by uitgesoekte restaurante; 2 Aandetes.
  • Vervoer na en van staproetes en restaurante.
  • Ingangsgelde en Tafelberg kabelkar-gelde.
  • MyCiti Buskaartjie om Kaapstad te verken.
  • Privaat konsultasies met Linda Kriel – tydens stappe.
  • Dr Adriaan is byderhand om advies te gee oor skildklierprobleme; cholesterol; kardiovaskulêre siektes ens. Hy stap elke dag saam.
  • Motivering en oefen- en eet-wenke deur Linda.
  • Goodie Bag.

Dit gaan ‘n ongelooflike ervaring wees, wat stap, oefen, lekker eet en goeie wyn insluit.

(Lees hier heel onder meer die “Voorsmakie van die toer”.)

Uitgesluit:

  • Vlugkaartjies.
  • Vervoer van en na die lughawe.
Prys vir staptoer:

R15 200 per persoon wat kamer deel. Ekstra R2440 vir enkelkamer.

  •  50 % Deposito betaalbaar onmiddelik = R7 600 (vir enkelkamer is deposito R8 820)

Eerste 20 deposito’s ontvang se plek is bevestig.

  • Balans betaalbaar 31 Maart 2019.

Betaal per EFT en stuur asb vir ons die bewys van betaling na info@lindakriel.co.za. Gebruik jou Naam, Van en Kaapse stap as verwysing.

Bankbesonderhede:

Nedbank | Linda Kriel | Tak 154805 | Rek. 1153 515 423

Lees meer hier onder.

 

 

 

Category:

Description

Voorsmakie van die staptoer:
  • Dag 1: Laatmiddag rustige stap na Grand Africa Cafe & Beach vir ‘n skemerkelkie met ons voete in die sand. Aandete by die Waterfront.
  • Dag 2: Stap van Seepunt na Kampsbaai. Middagete by gewilde seekos restaurant.
  • Dag 3: Stap van Rhodes Memorial na Kirstenbosch. Middagete by Moyo restaurant.
  • Dag 4: Noorhoek-strand stap. Middagete by Cape Point Vineyards.
  • Dag 5: (Afhangend van die weer) Klim Tafelberg via Platteklip-roete. Ry af met kabelkar. Dié wat nie Tafelberg wil klim nie sal opgaan met kabelkar en oefeninge bo-op die berg doen saam met Lize die biokinetikus. Middagete is ‘n tradisionele ervaring in die Bo-Kaap. Aand: “Dine & Dance” by ikoniese Groenpunt restaurant.
  • Dag 6: Ons groet na ontbyt en vertrek terug huistoe.

Let wel: Ons behou die reg voor om restaurante en staproetes te verander na aanleiding van onvoorsiene omstandighede.

Boodskappe van vorige stap in Tuscany met Linda Kriel:
  •  “Amazing mense ontmoet; Sóóó lekker gelag; Ongelooflik lekker geëet & drink en regtig lekker gestap, geoefen en gesels saam met dit alles.” ~ Lientjies.
  • Hierdie week het my nuwe insig gegee oor oefening & gesondheid. Linda het vir ons gewys dat jy fiks en gesond kan wees en steeds die lewe kan geniet. Ek is van vooraf gemotiveerd om my liggaam op te pas en te geniet & lief te hê & die lewe te geniet. Dit was ‘n voorreg om jou te leer ken Linda.” ~ Joanne
  • “Wow… wow… wow. Dit was alles wat ek ooit kon dink of verwag het. Lekker lag en natuurlik die heerlike kos en wyn. Ek spaar nou al vir volgende jaar.” ~ Anina
  • ”Hierdie toer was amazing! Alles was só goed georganiseer, baie lekker geëet en wyn gedrink. Onvergeetlike ondervinding. Ek gaan defenitief ook Amalfi doen. “ – Marli
  • ”Fun Fun en weer Fun! Baie lag! Alles het my verwagtinge oortref. Amazing mense ontmoet. Dankie vir ‘n onvergeetlike tyd. Sien jou definitief in Amalfi, ongetwyfeld!” – Nina
  • ”Baie dankie vir ‘n ongelooflike experience! Hard geoefen en hard gelag. Definitief ‘n nuwe motivering gekry vir oefen!” – Rentia