Somerlyf Lae-GI Plan

R85.00

Skud die ekstra kilo’s!

&

Kry ferm boudjies, mooi bene en ‘n plat maag!

Kry nou jou Somerlyf Lae GI Plan en volg die gesonde Lae GI Laevet Eetplan om gewig te verloor. Linda Kriel wys vir jou die régte oefeninge om ferm boudjies, mooi bene en ‘n plat maag te kry!

Die Suiwerings-eetplan doen jy vir 1 dag voordat jy met jou Lae GI eetplan begin. Jy kan die Suiwerings-eetplan 1 maal per maand doen as jy voel jy het dit nodig.

Volg dan die 7 Dae Eetplan en bestudeer die Glukemiese Indeks sodat jy die weke daarna dieselfde 7 Dae Eetplan kan gebruik en uitruilings maak.
Om gewig te verloor én slank te bly, is dit belangrik dat jou bloedsuikervlakke stabiel bly en dat daar geen skerp afskeiding in insulien moet plaasvind nie. Mense wat gewone stysel eet en wie se insulienafskeiding gereeld die hoogte inskiet, sukkel of het ’n onvermoë om gewig te verloor. Koolhidrate en suiker veroorsaak dat jou insulienvlakke styg, behalwe as jy Lae GI koolhidrate eet. Studies het getoon dat mense wat Lae GI koolhidrate eet in plaas van verfynde stysels en suiker, is gesonder, het meer energie en weeg minder. Lae GI koolhidrate help in gewigsverlies omdat dit jou voller vir langer hou en ook stadiger verteer.

Jou Somerlyf Lae GI Plan sal onmiddelik vir jou beskikbaar wees op die webwerf sodra ons jou bewys van betaling ontvang het. Laat asb 2 tot 12 ure toe sodat ons jou toegang tot die eetplanne kan aktiveer op die webwerf. Jy sal ’n epos ontvang sodra jou eetplanne geaktiveer is. Dan teken jy in op die webwerf met jou Gebruikersnaam en Wagwoord. Jou Somerlyf Plan is beskikbaar aanlyn vir 6 maande. Die eetplan kan uitgedruk word.

Lees gerus hier onder vir meer inligting.

Description

Die Somerlyf Lae GI plan word gevolg op hierdie webwerf. Jy kan jou Eetplan en die Glukemiese Indeks uitdruk as jy wil en die oefeninge vir Week 1, 2 en 3 is aanlyn beskikbaar. Jy teken in met jou Gebruikersnaam en Wagwoord wat jy self skep wanneer jy aansluit – en jou eetplan en oefeninge is daar reg ir jou. Die program is aanlyn beskikbaar vir jou vir 6 maande.

Detox en Eet gesond

Die suiwerings-eetplan is opsioneel. Maar ek beveel ten sterkste aan dat jy daarmee begin. Volg die Suiweringsplan net vir 1 dag en begin dan die volgende dag met jou Lae GI Eetplan. Jy kan die suiwering 1 keer per maand doen.

7 Dae Eetplan

Dit is ’n baie lekker eetplan om te volg vir dames wat gewig wil verloor. Tussen 5000 kJ en 5200 kJ per dag. Die eetplan bestaan uit Ontbyt, Middagete en Aandete met twee peuselhappies deur die dag. Jou hele gesin kan saam met jou die eetplan volg, maar jy moet self die porsies aanpas vir jou man en kinders. Daar is geen snaakse duur kosse nie. Dit is etes wat jy vinnig kan voorberei.

Resepte

’n Paar maklike Lae GI resepte.

Oefeninge vir jou Bobene, Boudjies en Maag

Jy kry elke dag Maandag tot Saterdag 2 opknappingsoefeninge vir jou probleemareas. Sondae strek jy. Jou oefenprogram bestaan uit een 7 Dae oefenprogram wat jy vir die volgende twee weke herhaal. Hierdie is ‘n voorbeeld:

  • Maandae: Boude + Binnebene
  • Dinsdae: Heupe en Hamstrings
  • Woensdae: Maag + Muffin-tops
  • Donderdae: Bobene + Heupe
  • Vrydae: Bobene, Heupe en Boude
  • Saterdae: Maag en Muffin-tops
  • Sondae: Strekoefening

Kry jou plan vandag! Droom dit, Wens dit, Doen dit!