Linda Kriel Toep Maandelikse subskripsie

R98.00 / month with a 7-day free trial

JOU NUWE LEEFSTYL TOEP MET LINDA KRIEL

Die eerste fiksheid en gewigsverlies app (toep) in Afrikaans! Oefen in die gemak van jou huis. Geen duur gimnasiumfooie of toerusting nie.

Huidiglik slegs op Android. Binnekort op iPhone.

Jy hoef nooit meer te wonder wat jy vandag moet eet of hoe jy moet oefen nie. Jou  oefen- en eetplan is weekliks vir jou uitgewerk en die beste van alles, Linda Kriel – jou persoonlike oefeninstrukteur is van nou af oral saam met jou!

Vir ‘n gesonde leefstyl, fiksheid, gewigsverlies en instandhouding.

Kry jou 7 Dae gratis nou en daarna betaal jy slegs R98 per maand. Slegs R3-20 per dag!!!

Jy kan jou subskripsie maklik kanselleer voordat die R98 afgaan, solank jy dit doen 24 uur voor die 7 dae verval.

(lees meer hier onder)

Categories: ,

Description

Begin jou fiksheids-reis

Linda Kriel se oefenplanne het al duisende vroue gehelp om fiks te word, gewig te verloor en hul liggame in topvorm te kry. Soveel vroue oefen verkeerd en kry nie die resultate wat hulle verdien nie.

Met Linda se oefenprogramme – wat insluit kardio vir vetverbranding; opknappings-oefeninge vir probleemareas en HIIT (hoë intensiteit interval-oefening) vir ’n verhoogde metabolisme – gaan jy uiteindelik die resultate kry wat jy verdien.

  • Elke dag van die jaar ’n ander oefenprogram vir Beginners; Middelvlak en Gevorderde vlak.
  • Gesonde eetplanne: Jy kry altyd ’n keuse tussen Banting en Lae GI.
  • Spyskaarte is maklik om te volg en bevat geen snaakse of duur kosse nie.
  • Jou eerste 7 dae is GRATIS.
  • Om die toep te kry MOET jy eers jou bankkaart-besonderhede invul wanneer jy die R98 opsie geskies het. Die rede hoekom jy aanvanklik jou kaartbesonderhede moet invul is net om te verseker dat jy nie weer – na 7 dae – van vooraf moet aansoek doen om aan te gaan met die app nie.)
  • As jy kanselleer voor die 7 dae verby is, sal die paaiement nie afgaan nie.

Weeklikse eetplanne

Om resultate met ’n dieet te kry is dit belangrik dat jy ’n eetplan volg wat JOU pas. Daarom kan jy kies tussen Banting of ’n Lae GI eetplan. Die keuse is altyd daar vir jou en jy kry ’n inkopielys om jou beplanning vir die week te vergemaklik.

Die spyskaarte en resepte is baie maklik om te volg met geen duur of eksotiese bestanddele nie. ’n Groot hupstoot vir jou is die een-dag detoksplan waarmee jy kan afskop.

Laat Linda Kriel, Suid Afrika se fiksheids-guru jou help om fiks, gesond en slank te word.

Maak ook asb seker van die volgende:

  • Het jy genoeg spasie op jou foon? Die grootte van die app is 29M. Indien jy nie genoeg spasie het nie, moet jy seker goed op jou foon delete wat baie spasie opneem en wat jy nie gebruik nie.
  • Het jy Android 4,1 of op? (op Google Playstore onder Additional information) wys dit: Requires Android 4.1 and up.)
  • Het jy sterk genoeg Wifi om die app-inhoud af te laai? Die eerste kaar wat jy die app inhoud aflaai het jy sterk wifi nodig. Daarna kan die app “offline” werk. Behalwe eenkeer per week as jy die volgende week se programme wil aflaai… dan het jy weer sterk wifi nodig.