Kry Daai Lyf met Linda Kriel (DVD)

R180.00

Kry Daai Lyf DVD: Verbrand vet saam met Linda Kriel terwyl jy vet pret het. Oud en jonk, gesout of groen kan saam oefen en fiks word! Hou daardie ligte gewigte wat jy in die spaarkas bêre byderhand of gebruik sommer waterbottels of blikkies kos. En terwyl jy oefen, kry jy hope wenke oor hoe om gesond te eet en van daardie ekstra rolletjies ontslae te raak. Voor jy weet, het jy ‘n spiksplinternuwe gesonde leefstyl!

Die Kry Daai Lyf dvd bestaan uit die 13 episodes wat op kykNET uitgesaai was. Elke klas is tussen 23 en 30 min lank. Doen elke dag ‘n ander episode. ‘n Mens kry baie voordele uit ‘n oefenprogram as jy gereeld jou spiere “verras” met iets anders. Die dvd is só ontwerp dat dit ‘n geballanseerde oefenprogram is. Een dag is dit kardio en die ander dag is diet spieropknapping vir spesifieke probleemareas soos die maag, boudjies, bobene, arms ens. Jy kan ook 2 episodes kombineer as jy al fiks is en langer wil oefen.

 

Linda Kriel het destyds Suid-Afrikaners fiks gehou met Body Beat op Goeiemôre, Suid-Afrika. Sy’t in 2014 teruggekeer na die kassie met die uiters suksesvolle KRY DAAI LYF op kykNET (DStv kanaal 144) en nou kan jy op jou eie tyd dieselfde vrugte pluk as kykNET kykers.

Lees asb hier rakende die keuse van posgeld:

  • POSKANTOOR: R60 Gewone pos
  • Dit sal outomaties bygevoeg word by betaling.
  • Laat asb 7 – 10 dae toe vir aflewering by jou naaste poskantoor. Dit word NIE  by jou huis afgelaai nie. Jy kry ‘n “tracking”-nommer van ons en gaan haal dit by jou poskantoor.
  • Maak dus seker dat jy jou naaste poskantoor en poskode by die “shipping”-adres sit.

 

  • POSTNET: R100 PostNet na PostNet
    • Maak seker jou dorp het ‘n Postnet
    • Die pospakkie neem 2-3 dae vir aflewering
    • Vul asb jou Postnet-adres in by die ‘shipping’-adres.
    • Die pakkie word NIE by jou huisadres afgelewer nie.
    • Posgeld is R100 en word bygevoeg by jou betaling as jy die opsie kies.
  • As jy in Namibia woon kan jy ook bestel. Posgeld is dan R90 (vir 1 dvd ) en R120 (vir 2 dvd’s). Wanneer jy by “ckeck out”  kom sê dit daar word nie na Namibia gepos nie, maar dit is net omdat die sisteem nie verskillende posgeld kan bereken nie. Jy kan voortgaan met die bestelling en net die addisionele posgeld bysit wanneer jy betaal en vir ons jou bewys van betaling epos na info@lindakriel.co.za 
Category: Tag:

Description

Kry daai lyf saam met Linda Kriel en verbrand vet terwyl jy vet pret het. Oud en jonk, gesout of groen kan saam oefen en fiks word! Hou daardie ligte gewigte wat jy in die spaarkas bêre byderhand of gebruik sommer waterbottels of blikkies kos. En terwyl jy oefen, kry jy hope wenke oor hoe om gesond te eet en van daardie ekstra rolletjies ontslae te raak. Voor jy weet, het jy ‘n spiksplinternuwe gesonde leefstyl! Linda Kriel het destyds Suid-Afrikaners fiks gehou met Body Beat op Goeiemôre, Suid-Afrika. Sy’t in 2014 teruggekeer na die kassie met die uiters suksesvolle KRY DAAI LYF op kykNET (DStv kanaal 144) en nou kan jy op jou eie tyd dieselfde vrugte pluk as kykNET kykers.