Kry Daai Lyf 2 met Linda Kriel (DVD)

R195.00

Kry Daai Lyf 2 DVD

Die dubbel DVD bestaan uit 13 oefenprogramme van plus-minus 25 minute elk en maak voorsiening vir die Beginnersvlak, Middelvlak en Gevorderde vlak waar 2 programme ook gekombineer kan word om ‘n langer oefensessie te bied. Elk van die 13 oefenprogramme het ‘n ander tema en is daarop gemik om jou fiksheid te verbeter, probleemareas op te knap en veel meer kilojoules te verbrand en terwyl jy oefen, kry jy hope wenke oor hoe om gesond te eet en van daardie ekstra rolletjies ontslae te raak. Voor jy weet, het jy ‘n spiksplinternuwe gesonde leefstyl! Saam met Linda oefen heelwat bekende gaste wat ook hul leefstylwenke met jou deel.

Lees asb hier rakende die keuse van posgeld:

  • POSTNET: R100 PostNet na PostNet
    • Maak seker jou dorp het ‘n Postnet
    • Die pospakkie neem 2-3 dae vir aflewering
    • Vul asb jou Postnet-adres in by die ‘shipping’-adres.
    • Die pakkie word NIE by jou huisadres afgelewer nie.
    • Posgeld is R100 en word bygevoeg by jou betaling as jy die opsie kies.
  • POSKANTOOR: R60 Gewone pos
  • Dit sal outomaties bygevoeg word by betaling.
  • Laat asb 7 – 10 dae toe vir aflewering by jou naaste poskantoor. Dit word NIE  by jou huis afgelaai nie. Jy kry ‘n “tracking”-nommer van ons en gaan haal dit by jou poskantoor.
  • Maak dus seker dat jy jou naaste poskantoor en poskode by die “shipping”-adres sit.
  • As jy in Namibia woon kan jy ook bestel. Posgeld is dan R90 (vir 1 dvd ) en R120 (vir 2 dvd’s). Wanneer jy by “ckeck out”  kom sê dit daar word nie na Namibia gepos nie, maar dit is net omdat die sisteem nie verskillende posgeld kan bereken nie. Jy kan voortgaan met die bestelling en net die addisionele posgeld bysit wanneer jy betaal en vir ons jou bewys van betaling epos na info@lindakriel.co.za 

Category: Tag:

Description

Word en bly fiks, ferm en slank met fiksheidsguru Linda Kriel wat jou stap vir stap aan die hand vat en lei in die tweede DVD reeks van Kry Daai Lyf wat op kykNET gebeeldsaai is.

Linda Kriel het destyds Suid-Afrikaners fiks gehou met Body Beat op Goeiemôre, Suid-Afrika. Sy’t in 2014 teruggekeer na die kassie met die uiters suksesvolle KRY DAAI LYF 1 op kykNET (DStv kanaal 144) en nou kan jy met Kry Daai Lyf 2 op jou eie tyd dieselfde vrugte pluk as kykNET kykers.

DVD 1:

Stapprogram vir Vetverbranding |Boudjies en Bene Blitsprogram. Lekker Sweet Blitsprogram. Min Magie + Oefeninge vir paartjies. Dapper Stapper ritmiese stapprogram. | Tabata Styl (Hoë intensiteit wissel-oefeninge). Strek, plus oefeninge na swangerskap.

Bekende Gaste: Cindy Swanepoel (Binnelanders); Marco Spaumer; Heinz + Alette Winckler; Zolani; Robbie Kruse; Gerwin Simon

DVD 2:

Rondte-oefening | Kickboxing vir jou Middellyf | Speiropknapping vir probleemareas | Kilojoule Vreter | Muffin-tops, Bo-arms en Borste | Ritniese Stapprogram

Bekende Gaste: Desire Gardner; Joshua na die Reën; Aleit Swanepoel; Tracey Lange; Dr Liana Roodt ( Project Flamingo)