Linda Kriel Toep Jaarlikse subskripsie

R588.00 / year with a 7-day free trial

JOU NUWE LEEFSTYL TOEP MET LINDA KRIEL

Die eerste fiksheid en gewigsverlies app (toep) in Afrikaans! Oefen in die gemak van jou huis. Geen duur gimnasiumfooie of toerusting nie.

Jy hoef nooit meer te wonder wat jy vandag moet eet of hoe jy moet oefen nie. Jou  oefen- en eetplan is weekliks vir jou uitgewerk en die beste van alles, Linda Kriel – jou persoonlike oefeninstrukteur is van nou af oral saam met jou!

Vir ‘n gesonde leefstyl, fiksheid, gewigsverlies en instandhouding.

Kry jou 7 Dae gratis nou en daarna werk dit uit op R49 per maand as jy vir die jaar aansluit teen R588. Minder as R2 per dag!!!

Jy kan jou subskripsie maklik kanselleer voordat die R588 afgaan, solank jy dit doen 24 uur voor die 7 dae verval.

(lees meer hier onder)

Categories: ,

Description

Begin jou fiksheids-reis

Linda Kriel se oefenplanne het al duisende vroue gehelp om fiks te word, gewig te verloor en hul liggame in topvorm te kry. Soveel vroue oefen verkeerd en kry nie die resultate wat hulle verdien nie.

Met Linda se oefenprogramme – wat insluit kardio vir vetverbranding; opknappings-oefeninge vir probleemareas en HIIT (hoë intensiteit interval-oefening) vir ’n verhoogde metabolisme – gaan jy uiteindelik die resultate kry wat jy verdien.

  • Elke dag van die jaar ’n ander oefenprogram vir Beginners; Middelvlak en Gevorderde vlak.
  • Gesonde eetplanne: Jy kry altyd ’n keuse tussen Banting en Lae GI.
  • Spyskaarte is maklik om te volg en bevat geen snaakse of duur kosse nie.
  • Jou eerste 7 dae is GRATIS

Weeklikse eetplanne

Om resultate met ’n dieet te kry is dit belangrik dat jy ’n eetplan volg wat JOU pas. Daarom kan jy kies tussen Banting of ’n Lae GI eetplan. Die keuse is altyd daar vir jou en jy kry ’n inkopielys om jou beplanning vir die week te vergemaklik.

Die spyskaarte en resepte is baie maklik om te volg met geen duur of eksotiese bestanddele nie. ’n Groot hupstoot vir jou is die een-dag detoksplan waarmee jy kan afskop.

Laat Linda Kriel, Suid Afrika se fiksheids-guru jou help om fiks, gesond en slank te word.