Probleem opgelos – Selluliet

Probleem opgelos – Selluliet
Linda Kriel beantwoord vrae wat kwel.

 

Vraag

“Ek het so uitgesien na die warmer sonnige weer … maar o wee, ek kan nie so verskyn in my bikini nie! Dis asof daar oral selluliet nesgeskop het op my bobene die winter! Die ironie is dat ek nie gewig opgetel het nie. Is dit moontlik? Ek hoop regtig dat julle my kan help om sommer binne ‘n maand of twee weer sellulietvry te wees.”  – Inge 27 

Laai die Linda Kriel Fitness toep af vir daaglikse eetplanne en oefenprogramme:

LINDA KRIEL FITNESS TOEP

 

Antwoord

Oor selluliet bestaan daar ‘n hele klomp teorieë. Maar dit maak nie saak of dit gewone vet is wat op al die probleemareas saampak en of dit ander soort vetselle is nie, meer as 80 persent van ons Evas ly onder dié vloek.

Al hoe meer navorsers skryf dit toe aan ‘n hormoonwanbalans of veranderinge. Die vroulike hormoon, estrogeen, blyk die groot sondaar te wees, daarom is dit moontlik dat die Pil, swangerskap en menoupause kan veroorsaak dat selluliet vorm. Jy kan dus selluliet kry al het jy nie gewig opgetel nie, want daar is ook ‘n hele paar ander faktore wat tot die vorming van dié onooglike kuiltjies kan bydra:

  •  Verkeerde eetgewoontes
  • Lewer en hardlywigheidsprobleme
  • Stres
  • Te min of geen oefening

Al dié faktore dra by tot swak bloedsirkulasie. Gifstowwe word opgebou en tussen weefsel vasgevang. Weens trae bloedsirkulasie kan die toksiene nie by die limfklier uitkom om uitgeskei te word nie. Die limfstelsel is verantwoordelik vir dreinering van afvalstowwe en as die limfklier nie kans kry om die afvalstowwe uit te skei nie, vorm selluliet.

Gereelde oefening speel ‘n groot rol, want enige vorm van oefening bevorder jou bloedsirkulasie. Dit verlig spanning en dit help selfs met die probleem van hardlywigheid. 

Massering van die gedeeltes waar jy selluliet het, sal baie help. Doen dit elke dag.

Die oefeninge in die Linda Kriel Fitness Toep bevorder bloedsomloop en op sekere dae is daar ook spesifieke oefeninge vir selluliet.

 

– Linda Kriel

Leave a Reply