Probleem opgelos – Groot maag na kinders
Linda Kriel beantwoord vrae wat kwel.
Laai die Linda Kriel Fitness toep af vir daaglikse eetplanne en oefenprogramme: LINDA KRIEL FITNESS TOEP
Vraag
My magie was altyd pragtig plat en ferm, maar na my tweeling is my maag nie net “flabby” nie, ek is omtrent altyd opgeblaas wat my “boeppens” probleem net nog erger maak! My stoelgang is ook soms hard en ander kere sukkel ek met diaree, om nie eers winderigheid te noem nie! Ek begeer regtig weer ‘n plat magie! (spastiese kolon) – Charmain 29
Antwoord
Wanneer die rectus abdominis, die lang maagspier wat van die borskas tot by die skaambeen strek, verslap (soos gebeur tydens swangerskap), vorm daardie ongewenste boepie. Met die regte oefeninge, ‘n paar aanpassings in jou dieet en die nodige toewyding, kan jy weer binne ‘n paar maande die vreugde van ‘n plat maag ervaar.
- Doen verskillende oefeninge vir die boonste- en onderste deel van jou
maagspier, asook oefeninge vir jou middellyf. Kliek hier vir oefeninge:
- Jy moet ook kardiovaskulêre oefeninge – soos stap, draf, fietsry – doen om die vetlagie te verbrand.
- As jou tyd beperk is, neem die tweeling vir ‘n stappie. Wanneer jy hul waentjie stoot verbrand jy ekstra kilojoules. Stap vinnig of kies opdraendes, dit sal jou harttempo laat styg en hóú jou maagspiere ingetrek.
- Skaf vir jou ‘n groot oefenbal aan en gebruik dit as ‘n stoel waneer jy TV kyk, oor die telefoon praat of met die kleingoed speel. ‘n Mens span jou maagspiere heeltyd in wanneer jy regop op dié bal sit.
- Leer ook jouself die goeie gewoonte aan om jou maag in te trek wanneer jy besig is met alledaagse aktiwiteite. Later sal jy so gewoond wees daaraan dat jy jou maag sommer permanent sal intrek.
– Linda Kriel
Laai die toep vandag af en begin werk aan jou bikini lyf : TOEP