Oefening vir die Middellyf

  1. Lê op jou rug met albei bene gebuig en jou voete stewig op die grond.
  2. Maak vuiste en hou dan albei onder jou ken sodat jou duime ondertoe wys en jou elmboë na weerskante.
  3. Lig nou jou kop en skouers van die grond en beweeg terselfdertyd jou regterskouer oorkruis in die rigting van jou linkerknie.
  4. Jou regter-elmboog wys nou tussen jou bene deur.
  5. Bly ‘n sekonde lank in dié posisie en laat sak dan jou kop en skouers tot net bokant die grond.
  6. Doen 15 – 20 herhalings na dieselfde kant, en doen dan dieselfde aantal herhalings na die teenoorgestelde kant.

Wenk: Konsentreer op die spiere wat oorkruis loop om jou middellyf te vorm (obliques) en hou jou maag heeltyd ingetrek

Kliek hier as jy die Linda Kriel Fitness toep wil aflaai vir eetplanne, detoks en oefenprogramme: TOEP

Leave a Reply