Oefening vir Binnebene

Oefening vir Binnebene
Wat veroorsaak binnebeen vet?

Ons dames is geneig om oortollige vet te stoor in hulle heupe, boude, onderste deel van die maag en binnebene. As jy meer kilojoules inneem as wat jy verbrand, stoor jou liggaam die ekstra kilojoules in die vorm van vet. Jy kan nie kies waar jou liggaam vet stoor nie. Dit word hoofsaaklik bepaal deur gene, geslag en liggaamsvorm.

Hoekom is dit so moeilik om vet in die binnebene te verloor?

Die binnebene is van die moeilikste areas om vet te verloor. Selfs natuurlike maer dames kan sukkel met binnebeen-vet en mens kan ongelukkig nie ‘n knoppie druk om te sê waar jou liggaam vet moet verloor en waar nie. As jy dus binnebeen-vet wil verloor, moet jy besef dat jy op ander dele van jou lyf ook gaan verloor.

Wat moet jy doen?
  • Jy moet die vetlaag “verbrand” deur kardiovaskulêre oefeninge te doen. Dit is oefeninge wat jou harttempo laat styg, soos bv. my HIIT en Rondte oefenprogramme op die LINDA KRIEL FITNESS TOEP; vinnig stap vir ‘n lang tyd; draf of fietsry.
  • Spesifieke opknappings-oefeninge doen vir die binnebene, soos die oefening hier onder. Buiten dat dit jou bene mooi form en die spiere fermer maak, verhoog spieronknappings-oefeninge met weerstand ook jou spierpersentasie en spiere verbrand vet!
  • Volg ‘n gesonde eetplan en maak seker dat jy nie ooreet nie.

Jy kan die volgende oefening 3 – 5 keer per week doen om die binnebeen-spiere op te ferm. Vir nog ‘n binnebeen-oefening, kliek hier: Glip in jou skinny jeans in.

Oefening

  • Maak seker jy het ‘n stewige skussing vir die oefening. Jy kan ook ‘n strandbal gebruik.
  • Sit regop op die bank/stoel en plaas die stewige kussing/bal tussen jou bene.
  • Knyp nou jou bene toe deur jou knieë na mekaar toe te druk en die kussing stewigier vas te knyp.
  • Ontspan en knyp weer jou knieë na mekaar. Ontspan en knyp, ontspan en knyp, hou so aan.
Hoeveel?
  • Beginners: 3 stelle van 10
  • Middelvlak: 3 stelle van 20
  • Gevorderd: 3 stelle van 40
Vir daaglikse oefen- en eetplanne, laai die LINDA KRIEL FITNESS TOEP af.

Leave a Reply