Oefen Jy, Maar Verloor steeds nie gewig nie? Hier is 5 Redes

Jy oefen, maar jy verloor nie gewig nie. Hier is 5 Redes

unspecifiedEk hoor soms: “ Ek eet reg en ek oefen, maar ek verloor nie gewig nie”. Om reg te eet en te oefen in jóú oë, beteken nie noodwendig dat dit REG is vir gewigsverlies nie. As jy jou situasie krities bekyk, sal jy dalk besef dat jy eintlik sekere dinge anders moet benader.
Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes hoekom jy nie gewig verloor nie ten spyte die feit dat jy oefen:
1) Jy Eet verkeerde kos:
Vermy brood, suiker en geprosesseerde kos. Bly weg van wegneemetes. Meeste wegneemetes is baie hoog in suiker, verkeerde vet/olie, sodium en preserveermiddels en bevat baie min gesonde vitamines, minerale en vesel. Baie Lae-vet kosse is propvol suiker en maak nog steeds vet, soos bv laevet roomys en laevet jogurtdrankies. Lees die voedingsinligting agter op die produkte.
Kos soos beskuit en muffins is vol botter en suiker. As jy dít wil eet, moet dit Lae Gi beskuit of Muffins wees en dit kan nie onbeperk geëet word nie. Kliek hier vir my lekker gesondheidsbeskuit en Lae gi muffin resepte:

https://lindakriel.co.za/category/resepte/

2) Jy eet te veel
As die energie wat jy inneem (die kos wat jy eet) méér is as die energie wat jy verbruik deur die dag, sal jy nie gewig verloor nie. Dis onmoontlik dat jy nié kan gewig verloor – tensy daar mediese probleme is – as jou energie verbruik minder is as jou energie inname. Kom ons neem byvoorbeeld my Lae Gi Eetplanne in my Kick-start en 3 Punt Plan programme: Die spyskaarte is almal ongeveer 5000 Kj per dag. Dit is spesifiek so uitgewerk vir ’n vrou om gewig te verloor. As jy boonop een van my Rondte-oefenprogramme of HIWO programme doen verbrand jy ’n verdere 600 tot 1000 Kj. Dit sal definitief vir jou gewig laat verloor. Dus, as jy dink jy eet nie te veel nie, raai ek jou aan, om alles wat jy inneem per dag – al is dit net ’n happie van jou kind se oorskiet kos – neer te skryf en dan te sien hoeveel jy werklik geëet het.

3) Jy doen te min spieropknapping met gewigte.
Baie mense wil nét kardio doen vir vetverbranding. Kardio is goed vir vetverbranding, maar doen nie veel om jou spierpersentasie te laat styg nie. Hoe meer spiermassa jou liggaam het, hoe meer vet verbrand jy. Spiere is metabolies aktief en as jy ’n vinnige mestabolisme wil hê moet jy spieropknapping (veral met gewigte) doen. My Rondte-oefenprogramme is uitstekend daarvoor, want jy doen spieropknapping op só ’n manier dat jy terselfdertyd vet verbrand ook.

4) Jy oefen nie hard genoeg nie.
As jy sukkel om resultate te kry met jou oefenprogram is dit dalk tyd dat jy die intensiteit verhoog. Jou oefensessies moet intensiteit gebonde wees en nie tyd gebonde nie. Hoe harder jy werk hoe korter hoef jy te oefen. Daarom sal jy sien my oefensessies in die 21 Dae Kick-start en 3 Weke 3 Punt Plan is nie baie lank nie. (Behalwe vir die 1 x per week lang kardiosessie) My programme is intens. Met dié manier van oefen is die “afterburn” soveel groter. Dit beteken jou metabolisme is vir 24 uur daarna hoër en jou liggaam verbrand meer vet.

5) Jy rus nie.
As jy hoë intensiteit oefeninge doen, moet jy af-dae ook hê. In my 3 Weke 3 Punt Plan rus jy Woensdae en Sondae en Saterdae doen jy net ’n blitsprogram van 4 of 5 minute. Met my Kick-Start program het jy nou wel 6 dae per week oefeninge, maar sommige van die dae is dit baie rustig en jy konsentreer byvoorbeeld net op 1 spiergroep. As jy jou eie oefenprogram volg, sorg dat jy rusdae inwerk. Wanneer jy ’n goeie balans het tussen rus en oefen kan jou liggaam optimaal vet verbrand.

Kliek hier vir my 21 Dae Kick-Start en 3 Weke 3 Punt Plan :

https://lindakriel.co.za/winkel/

Fiksheids-groete

Linda xxx

Comments 11

  1. Hi Linda

    Ek wil gou weet, hoeveel kilojules,(as jy hard werk) plus minus verbrand mens, met “verbrand vet vinnig” . -Die kardio.

    Dan as mens los velle het, by onder arms, en oor die maag, sal dit weggaan, fermer raak.

    en is kry daai lyf, jou 1st dvd van kry daai lyf?

    Baie dankie, Jy is voorwaar die grootste insparasie nog.
    Waardeer dit baie.

  2. Kan nie wag om met my plan te begin nie. Ek ry graag fiets so 30-40km per keer-Dinsdae, donderdag en saterdag. Maandae, woensdae en vrydae probeer ek stap fiks te word. Ek verkeerd geëet maar my hormone nou baie laag en ek is geneig om te vinnig te stress. My krag in my bene probleem maar gaan jou oefeninge doen .

    1. Hallo Mariette

      Jy kry heelwat kardio oefening in met jou fietsry en stap deur die week.
      Let daarop om ook spiergroepe te oefen met spier versterkende oefeninge soos bene, boude, arms, maag ens.
      Die verkeerde eetgewoontes en stress het ‘n reuse invloed op jou gesondheid, gewig, hormone en gewigsverlies tempo en vele meer.
      Verander jou eetgewoontes en leer tegnieke aan soos asemhaling, ontspannings oefeninge en musiek ens om jou te help om te ontspan.
      Hou aan met oefen en kyk na jou leefstyl veranderinge tot ‘n gesonder JY!

      Sterkte en geniet Linda se oefenprogramme.

      Groete
      Lize (Biokinetika)
      LINDA KRIEL FITNESS

  3. Hey Linda,

    Ek is tans baie oorgewig. Ek sukkel met my kniee en het al een operasie op my een knieg gehad. Ek kan ni vinnig of vêr stap ni dan pyn my lae been spiere. Ek wil baie graag gewig verloor en reg eet. Kan jy my asb leiding gee asb.

    Groete,
    Catinka

    1. Hi Catinka

      Die eerste stap is om ‘n kopskuif te maak om te begin en aan te hou. Rome is nie in een dag gebou nie. Al Linda se eetplanne is vir vroue wat gewig wil verloor. As jy daarby hou met oefening saam sal jy resultate kry.
      As jou kniee nie van stap of draf hou nie oorweeg ‘n oefenfiets in die gym en of swem. Dit is ook kardio oefeninge soos stap en draf.
      Vir gewigsverlies wil jy meer kilojoules verbrand as wat jy inneem. So oefen help baie om die vetjies vinniger af te skud.

      Lize du Preez (Biokinetika)
      LINDA KRIEL FITNESS

    1. Post
      Author
  4. Hi Linda Ek Wil n dvd bestel watter 1 sal jy aanbeel Ek het n lae rug operasie gehad. Ek kan nie weer enige oefeninge doen Ek volg die banting eetplan.Ek moet so 37 kilos verloor Velma Hendricks

    1. Post
      Author

      Hi Velma

      Eerstens moet jy toestemming by jou dokter kry voordat jy begin oefen na ‘n operasie. Maar as dit al lank gelede is en jy weet jy kan oefen, sal ek voorstel dat jy dalk met my Kry Daai Lyf dvd begin, want dit is 13 korter programme (23 min elk). Later wanneer jy fikser is of vir afwisseling kan jy die Verbrand Vet Vinnig dvd kry ( 2 sessies van 45 minute).

      Sterkte en geniet die Banting. Hou my op hoogte van jou resultate.

      Linda xxx

  5. Hi Linda

    I have an underactive thyroid or rather say a thyroid that does not work at all. I am on 200 mg of Eltroxin per day. Also have kidney problems. Was an active Endurance Rider but was not able to ride due to Dr. orders have Tick Fever for two years and picked up 10 kg the previous year and after more medication that I had to start using Pexola in April this year picked up a further 12 kg. Needless to say stopped using the Pexola asap. but the damage is done. Question would the Banting or the Low G1 plan be the better option to use. Thank you

    1. Post
      Author

      Hi Sylvia

      I’m very sorry to hear!

      Because you are not my patient, I can not really tell you if the Banting will work for you, but I’ve heard that the Banting eating plan has helped people with Thyroid problems. I stated in the Intro of my plan that anybody with health problems or special dietary needs should talk to their doctor or a dietician before starting the eating plan.
      Although I would say follow the Banting plan, the best is to make sure from your doctor, as he has everything on file.

      I hope you enjoy the program and are motivated to loose all your excess weight.

      Kindest regards
      Linda

Leave a Reply