Oefen die onderste deel van jou maag

Lê op jou rug met jou bene gebuig. Lig jou voete van die grond af sodat jou knieë regoor jou middellyf is en kruis jou enkels. In die beginposisie is jou rug en stuitjie plat op die grond. Hou jou arms langs jou op die grond of skuif hulle effens onder jou boude in om die laerug te ondersteun. Lig nou die bekkengedeelte deur jou knieë en heupe na jou bors te lig. Dit moet ‘n klein, beheerste beweging wees. Trek jou maagspiere in wanneer jy jou heupe oplig en hou jou kop op die grond. Keer terug na die beginposisie deur jou heupe en laerug tot op die grond te laat sak. Doen 3 stelle
van 15 – 20 herhalings.

Raak ontslae van jou boepie. Kry die 4 weke MOOI MAAG plan

Kliek hier: MOOI MAAG PLAN

Hierdie program is vir jou as jy:

  • Droom om weer ‘n plat maag te kry
  • Vet om jou middellyf stoor
  • Gereeld opgeblase voel
  • Van jou Muffin-tops ontslae wil raak
  • Wil spog met ‘n sespak
  • Jou middellyf (core) wil versterk vir sport-doeleindes

Comments 2

    1. Hallo Elsa

      Met inspanning blaas jy uit. As jy dus opkom met jou maagoefeninge asem jy uit.
      Met ontspanning asem jy in.
      Asem altyd deur die neus in en by die mond uit.

      Groete
      Lize (Biokinetika)
      LINDA KRIEL FITNESS

Leave a Reply