‘n Plat Magie Sonder Sweet!
Fiksheid begin by ‘n sterk middellyf (core). As jy ure agter ‘n lessenaar deurbring en jy wil graag jou maagspiere oefen, raak kreatief en oefen jou maagspiere net daar waar jy is, sonder om eers van jou stoel af op te staan. Al wat jy benodig is ‘n stewige stoel met ‘n ruglening.
Soveel mense sukkel ook met rug- en nekprobleme en kan nie die gewone maagoefeninge doen nie. Hierdie sittende maagoefeninge is die antwoord, want jy gebruik nie jou nek- of rugspiere nie.
Jy kan ook die Mooi Maag aanlynplan kry teen slegs R90 tot Lockdown verby is.
Kliek hier om meer te lees: MOOI MAAG PLAN
Hierdie oefening vir jou maag en middellyf kan jy élke dag doen. Dit werk ook jou bobeen-spiere:
1) LIG EEN BEEN: Sit met jou rug teen die ruglening. Maag ingetrek en rug regop. Plaas jou hande agterom die ruglening om jouself te stut. Lig nou jou linkerbeen op, terwyl jy jou maagspiere intrek.
2) ALBEI BENE OP: Lig nou ook jou regterbeen op sodat albei voete van die grond af is en jou knieë amper borshoogte is. Hou jou maagspiere ingetrek. Hou die posisie so vir 2 sekondes voordat jy jou bene laat sak.
3) VOETE RAAK GROND: Laat sak n
ou albei bene gelyk totdat jou voete grond raak. Herhaal die hele oefening: Lig linkerbeen, regterbeen, laat sak albei. Doen dit 10 keer. Rus 10 sekondes.
Hoeveel?
Beginners: 1 stel
Middelvlak: 3 stelle
Gevorderd: 5 stelle
Ekstra: Lig nou albei voete gelyk en hou die posisie vir 10-30 sekondes. Hou jou maag ingetrek! Beginners: 10 sek; Middelvlak 20 sek; Gevorderd 30 sek
Lekker oefen!
Linda Kriel xxx
Comments 5
Linda, keep it, ek is nog in die begin en voel al aan hoe die boepie wat las jaar begin het sal saak.
Hi Linda
Is daar n eet plan wat ook saam met maagoefinge(om core te versterk) gaan?
Dankie
Mandie
Author
Hallo Mandie
Ja jy kan die Mooi Maag kombineer met my Somerlyf Lae Gi plan of met die Wenlyf Banting plan. Die twee combo’s is nou op spesiale aanbieding in die aanlynwinkel. Gaan net op die tuisblad van my webwerf en kliek op winkel.
Groete
Linda
Linda nog meer van hierdie oefening asseblief ek sit n lang dag om en probeer gereeld opstaan en beweeg en oefen na werk maar hierdie is vir my goud werd baie dankie!
Author
Ek sal onthou !
Lekker oefen.
Linda