‘n Mooi, Ferm Sitvlak

‘N MOOI, FERM SITVLAK

Hier is my drie punt plan vir ’n aantrekliker agterstewe:

’n Gesonde, gebalanseerde eetplan

Die negatiewe invloed wat die verkeerde voedselinname op jou liggaam het, kan nie genoeg beklemtoon word nie. Beperk suiker inname drasties.

Die LK FITNESS app het drie maaltyd planne om van te kies: Lae Koolhidraat (banting/keto); of Lae vet, Lae GI en Mediterreense eetplan.

Massering

Gereelde massering bevorder bloedsomloop, wat noodsaaklik is om van die selluliet op die boude ontslae te raak.

Oefeninge

Om jou agterstewe ferm te hou verg nie meer as ’n paar minute se oefening elke dag nie.

Buiten dat oefening jou boudspiere ferm maak en mooi vorm, maak sterk boudspiere ook ’n verskil aan jou liggaamshouding deurdat dit jou liggaam help om regop te bly. In die meeste sportsoorte is sterk boudspiere voordelig vir jou.

Jy kán jou agterstewe kleiner kry deur ’n dieet te volg, maar dan sit jy steeds daarna met onooglike, pap boude.

Doen oefeninge wat op die gluteus maximus en die agterste deel van die bobene “hamstrings” fokus.

Die gluteus maximus is die grootste boudspier en as jy jou agterstewe wil opknap en lig, is dit die belangrikste spier om te oefen. Omdat dié spier breed is en betreklik vlak sit, reageer dit vinnig op oefening. As jy dié oefening drie tot vier keer per week doen, behoort jy binne ’n paar weke ’n verskil te sien.

Gebruik gewigte as jy boud oefeninge doen

Deur gewigte (dumbbells) te gebruik wanneer jy boud-oefeninge doen, sal help dat jy vinniger jou sitvlak opknap. Dit is meer uitdagend vir jou spiere en dit verhoog ook die intensiteit van die oefening. As jy nie gewigte het nie, kan jy waterbottels, blikkieskos of wasgoedseep bottels gebruik. Vul dit met water so swaar soos wat jy dit wil hê.

Hoe swaar moet die gewigte wees?

Om jou boudjies ferm te maak:

  • Beginners kan ligte gewiggies van 0,5 tot 1kg gebruik.
  • Middelvlak kan 1,5 tot 2,5kg gewigte gebruik.
  • Gevorderde vlak kan 3 tot 5kg gewigte gebruik.

Om boude groter te maak moet jy swaar gewigte gebruik. Die gewig moet so swaar wees dat jy net 8 tot 10 herhalings van ‘n oefening kan doen.

Hier is ‘n goeie oefening vir ferm boudjies:

Boude–skaatsers:

Bederf jouself met een van Linda Kriel se oefenbroeke.
Kliek hier om vir jou ‘n LK oefenbroek te bestel.

LK oefenbroeke is uiters gemaklik en ondersteunend, ideaal vir beide oefening en ontspanning. Die hoëmiddellyf is ontwerp om jou slankerte laat lyk. Daar is verskeie patrone en elk kom in verskillende lengtes en grotes.

 

Leave a Reply