Min Tyd? Doen dié 2 oefeninge

MIN TYD? DOEN DIÉ 2 OEFENINGE.

Dit werk jou Bene, Boudjies, Maag én Arms!

Hierdie is die ideale 2 oefeninge om te doen wanneer jy nie baie tyd het nie. Doen dit as deel van jou oefenprogram saam met ander oefeninge, of as jy klaar gestap het óf doen nét die twee oefeninge wanneer jy die dag gedruk is vir tyd.

unspecified (1) Oefening 1: a) Hurk en raak die vloer

 

Staan regop en hou ʼn gewig van tussen 1 en 3 kg vas. Draai jou lyf en voete na links terwyl jy albei jou bene 90 grade buig. Raak die gewig tot amper op die grond. Trek jou maag in. Maak seker dat jou voorste been se knie nie oor die tone gaan nie.

unspecified (2) b) Strek op na die ander kant

 

Kom weer regop en draai jou lyf en voete na die anderkant, terwyl jy boontoe strek met die gewig bokant jou kop. Maak seker albei jou bene is reguit aan die einde van hierdie beweging. Herhaal die oefening (stap 1 en 2)  15 keer aan elke kant. Doen drie stelle hiervan.

unspecified (3) Oefening 2: Gee ’n gewig aan onderdeur die been

 

Staan regop met die gewig in een hand. Lig jou knie op tot borshoogte. Gee die gewig aan van jou een hand na die ander. Wanneer jy jou voet neersit, kan jy jou arms sywaarts lig. Herhaal dieselfde beweging met die ander knie. Doen dit vir een minuut lank. Rus en herhaal nog twee keer.

KLIEK HIER: App Store Google Play Store

Comments 2

    1. Hi Sharon

      Om van maagvet ontslae te raak moet jy 3 dinge doen:
      1. regte eetplan volg
      2. maagspier oefeninge doen
      3. kardio doen soos draf, stap, fietsry, swem ens.
      Ons eet- en oefenplanne sal jou kan help om van maagvet ontslae te raak.
      Kry of lees meer oor ons nuwe Toep/App op jou foon hier: https://lindakriel.co.za/app-2-2/
      Hou ook ons facebook blaaie dop vir meer wenke: @KRYDAAILYF en @lindakrielfitness (Instagram)

      Groete
      Lize (Biokinetika)
      LINDA KRIEL FITNESS

Leave a Reply