Is daar moontlik ‘n mediese rede hoekom jy so sukkel om gewig te verloor?
Sekere hormoontoestande en medikasie kan jou sukses in gewigsverlies belemmer. Voordat jy met ‘n gewigverliesprogram begin is dit dus raadsaam om eers jou dokter, dieetkundige of apteker te besoek om seker te maak daar is nie onderliggende gesondheidstoestande wat jou harde werk in die wiele sal ry nie.
Laat eerstens jou bloeddruk en cholesterol- en bloedsuikervlak toets, sê Anel Kirsten, ons dieetkundige van die Paarl. “Dit kan nuttig wees om basislynlesings te hê voor jy met jou program begin. As enige van hierdie toetse se uitslae abnormaal is, kan jou dieetkundige jou eetplan spesifiek daarvoor aanpas.”
(Sien gesonde eetplanne hier onder.)
‘n Onderaktiewe skildklier
Hierdie klier kan gewigstoename veroorsaak ten spyte daarvan dat jou leefstyl dieselfde gebly het. Dit raak veral vroue. ‘n Bloedtoets kan bepaal of jou skildklier te min hormone vervaardig. Indien wel, kan dit met voorskrifmedikasie behandel word. As die skildklierhormoonvlak reggestel is, behoort die persoon nie te sukkel om gewig te verloor nie. Sommige mense kan egter steeds sukkel, en dan is dit raadsaam om ‘n dieetkundige te sien.
Insulienweerstandigheid
Dié toestand kan gewigsverlies belemmer. Insulien is ‘n hormoon wat kan veroorsaak dat oortollige suiker as vet geberg word, en daarom sal hoë insulienvlakke mense met insulienweerstandigheid gewig laat aansit. Insulienweerstandigheid word behandel met leefstylveranderings, soos ‘n dieet met ‘n matige hoeveelheid koolhidrate en gereelde oefening, en medikasie indien nodig,
Indien ‘n persoon met DIABETES se insulien te hoog is, moet sy gereeld haar Dokter sien en langtermyn bloedsuikertoetse kry.
Hoë kortisolvlakke
Te veel stres, beserings en infeksie kan jou kortisolvlak verhoog en bevorder vetberging. Om kortisolvlakke te verlaag moet jy jou dokter gaan sien. Oefening en voldoende slaap is ‘n natuurlike manier om van stres ontslae te raak.
Medisyne se effek
Medisyne soos antidepressante, kortisoon, betablokkers – wat jou hartritme beheer – en antihistamiene (in groot dosisse) kan dit moeilik maak om gewig te verloor. Kortisoon laat byvoorbeeld sommige mense se eetlus toeneem, terwyl betablokkers jou metabolisme kan laat afneem. Bespreek dit met jou dokter, want daar is heel moontlik ‘n alternatief vir jou medikasie. Indien daar nie ‘n alternatief is nie, is dit nie die einde van die wêreld nie. Jy sal jy net versigtiger moet wees met jou dieet en die regte koskeuses maak elke dag. Verhoog ook jou oefen-intensiteit of lengte van jou oefensessies. Gewigsverlies is steeds moontlik, maar jy sal net harder moet werk.
Kry die Linda Kriel Fitness Toep
Jy hoef nooit weer te wonder nie! Kry elke dag van die jaar ‘n ander oefenprogram en eetplan vir gewigsverlies. Kliek hier vir die toep:
Comments 22
Goeie dag
Ek wil graag weet, ek sukkel baie met my gewig. Ek is insulien weerstandig maar nie n diabeet nie.
Ek is tans ook op asma behandeling – Symbicord wat n glukokortikosteroied is.
Ek is al raadop, ek tel by die week gewig op en het nog nooit soveel geweeg soos nou.
Wat kan julle aanbeveel moet ek doen?
Author
Hallo Anica
Ons span dokter beveel aan dat jy jou GP moet gaan sien.
Daar is verskeie mediese probleme wat kan veroorsaak dat jy gewig op tel. Ons kan ongelukkig nie ‘n diagnose maak nie.
As daar geen mediese redes gevind word nie,moet jy met n dieetkundige raadpleeg.
Baie sterkte
Kan ek asb raad kry vir insulin weerstandigheid. Ek is tans op medikasie vir onder aktiewe skuldklier. Ek stel dan ook belang om die toep af te laai maar wil eers weet of dit sal werk aangesien ek wel insulin weerstandig is. Ek is ook “pre-diabetic volgens my GP.
Author
Hi Talanta
Ons span dokter herinner jou om te onthou om jou skildklier medikasie een uur voor eenige kos te drink in die oggend met ‘n klein slukkie water. Selfs die melk in koffie sal die doeltreffendheid van die medikasie verminder. Beide die dieete op die toep sal werk vir jou.
Hi Linda ek het Rheumatoid Artritis en is op Prednisone en sukkel om gewig te verloor ek staan nou al vir maande stil
Ek probeer om nou minder brood te eet want dit is ook my problem
Hi Maria
Dankie vir jou navraag.
Gaan lees gerus deur op hierdie link te kliek: https://www.verywellhealth.com/how-can-i-lose-prednisone-weight-gain-1942985
Groete
Lize (Biokinetika)
LINDA KRIEL FITNESS
Goeie middag ek het ‘n aanlyn oefenproegram vir maag en banting eet program gekoop. Het nie ‘n idee waar om dit te kry nie. Kan jy my help asb?
Groete
Jackie
Hi Jaqueline
Gaan na https://www.lindakriel.co.za
(Selfoon – kliek op 3 strepies vir die menu)
// Kliek op My Rekening en Teken in.
// Vul jou username en password in en kliek op Login.
// Beweeg jou muis op na OEFEN-en EETPLANNE en al ons planne sal verskyn aan die linker kant.
// ‘Hover’ op jou planne(Mooi maag en Wenlyf Banting). Daar sal dan ‘n foto/logo van die plan verskyn na regs en onder die foto is die inhoud waarna jy soek.
// Beweeg jou muis na onder die foto en Kliek op die inhoud onder die foto. Kliek op dit (bv inleiding, Detoks, eetplan, Dag 01, ens) waarna jy opsoek is.
Geniet jou eet- en oefenplanne!
Groete
Lize (Biokinetika)
LINDA KRIEL FITNESS
Hi.
Ek wil net weet of die Manna Health proteien shake toelaatbaar is as n maaltyd vervanging as
ek die banting eetplan volg.
Indien nie watter ander shake beveel jy aan.
Baie Dankie.
Christine
Hi Christine
Baie dankie vir jou navraag.
Ons dra geen kennis van die Manna Health proteien shake nie. Kan jou van geen raad wees nie.
Op ons planne nl Kry Daai Lyf eetplanne beveel ons USN se shakes aan maar saam met ‘n maaltyd.
Ons kan ongelukkig nie enige Proteien shakes vir jou aanbeveel nie want ons gebruik dit nie op ons ander eet- en oefenplanne nie.
Apteke soos Dis-chem het persone wat meer inligting het oor die shakes.
Maak seker daar is geen suiker en en minder as 5g koolhidrate in die shake.’n Whey poeier sonder byvoegsels sal goed werk op die Banting.
Groete
Lize (Biokinetika)
LINDA KRIEL FITNESS
More.
Ek wil net bevestig of die Banting eet plan vir my sal werk wat n onder aktiewe skildklier het en 75 mikrogram Eltroxin gebruik.
Ek tel elke jaar ten minste n kg of twee op al oefen ek Kardio gekombineer met 5km stap een keer n week.
Groete Christine Classen.
Hi Christine
Ek beantwoord graag jou vraag per epos.
Groete
Lize (Biokinetika)
Linda Kriel Fitness
Naand Linda
Ek het onderaktiewe skildklier
Gebruik
Eltroxin 1+0.05
Hardloop elke dag ñ uur lank threadmill
3× ñ week Pilates
1x ñ week Zumba
Eet net groen groente en hoender
In middag
Oggende gestoomde vreugde
Aand plain yoghurt
Wat stel jy voor asb?
Hi Estralita
Ek het vir jou ‘n epos gestuur.
Groete
Lize (Biokinetika)
LINDA KRIEL FITNESS
ek wil ook weet ek het ook skildklier en verloor nie gewig nie
groete
Nicky
Hi Nicky
Ek stuur vir jou ‘n epos met die nodige inligting oor skildklier en gewigs verlies vanaf ons mediese dokter op ons span.
Groete
Lize (Biokinetika)
LINDA KRIEL FITNESS
Middag,
Met verwysing na Yolandi se e-pos hierbo, ek het ook n onderaktiewe skuld klier en het Euthyrox 1.0. asook 0.5 gebruik.
Die GP het onlangs gevra dat ek n bloedtoets doen en het versoek dat ek net die Euthyrox 1.0 gebruik (Om oordossering te vermy) en dit voel of ek weekliks gewig optel.
Verder het ek n bestelling wat ‘op hold” is, enige rede daarvoor?
Dankie
Hi Etricha
Jou plan is ‘on hold’ indien ek geen bewys van betaling ontvang nie.
Kan jy asb die bewys epos na info@lindakriel.co.za.
Ek stuur ook vir jou ‘n epos rakende die skildklier en gewigsverlies.
Groete
lize (Biokinetika)
LINDA KRIEL FITNESS
Hi ,
ek is op Eltoxin 0.5 en op Estrofem.
die afgelope paar maande het ek baie gewig aangesit, watse leefstyl dieet sal jy voorstel ek moet doen? ek het my insulien weerstandigheid getoets en dit i reg.
groete
Yolandie
Hi Yolandie
Ek stuur vir jou ‘n epos met die volledige inligting vir ‘n onderakiewe skildklier.
Mooi dag!
Groete
Lize (Biokinetika)
LINDA KRIEL FITNESS
Ek is tans in menopause en niks wat ek doen help nie?
Hi Hanna
Menopause is maar alle vroue se voorland.
Daar is wenke wat om menopause beter te hanteer:
Oefen, eet gesond, leef positief, lag meer en lees op oor maniere om beter te voel en lyk.
Dit verg meer en harder werk as toe ons 20 en 30 jaar oud was maar dit is moontlik om nog goed te lyk en voel tydens menopause.
Daar is self natuurlike middels om simptome van warm gloede en nagsweet te verlig, vra jou apteker of gesondheidswinkel eienaars.
Die afname in estrogeen verander aan jou liggaam, spreek jou dokter vir goeie raad daaromtrent.
Groete
Lize (Biokinetika)
LINDA KRIEL FITNESS