Lae GI Semels en Pecan Muffins

Goeie idee:

  • Hierdie mengsel (sonder die neute) kan in die yskas gehou word vir tot 30 dae. Onthou om die neute in te roer net voor bak. Moenie die deeg vries nie.
  • Gebakte muffins vries goed vir tot 3 maande
  • As jy my Lae GI eetplanne volg kan jy een muffin eet in die plek van 2 snye lae gi brood. Nie elke dag nie, net 2 keer per week. (Die muffins kan ongelukkig nie geëet word as jy my Banting eetplan volg nie).

KRY JOU EETPLAN

Elke dag van die jaar op jou selfoon! Kliek hier vir die toep:

Linda Kriel Toep

RESEP:

Bestanddele:

  • 2 ekstra groot eiers
  • 1 koppie sagte bruinsuiker (Xilitol is beter maar duurder)
  • 4 eetlepels Canola olie (Macadamia, avokado of klapper olie is beter.)
  • 1 koppie hawersemels (Dít maak die resep Lae Gi)
  • 1.5 koppies gesifte koekmeel
  • 2 koppies semels (digestive bran)
  • 2.5 ml sout
  • 3 teelepel koeksoda soda
  • 1 teelepel fyn kaneel of fyn gemmer
  • 1 groot appel, gerasper
  • 2 koppies vetvrye melk
  • 1 teelepel vanieljegeursel
  • 1 koppie pekanneute , Grof gekap

Metode:

  1. Klits die eiers, suiker en olie in ‘n groot bak.
  2. Voeg al die droë bestanddele en gerasperde appel bo-op die eier en suiker mengsel.
  3. Voeg die melk en vanielje by en roer tot goed gemeng.
  4. Laastens, meng die pekanneute in, indien jy dit binne 24 uur gaan bak. (Anders voeg die neute eers by en roer dit net voordat jy dit bak.)
  5. Laat oornag in die yskas of vir ten minste 2 uur.
  6. Wanneer gereed om te bak, voorverhit die oond tot 180 ° C. Roer die beslag (voeg die neute by) en skep in liggies gesmeerde muffinpanne, vul elke muffin holte 3/4 vol.
  7. Bak vir 15 minute.
  8. Haal uit die oond en laat afkoel op ‘n draadrak.
  9. Kan muffins bêre in die yskas vir tot 3 dae.

Ek hoop julle geniet die gesonde weergawe van Muffins!

Linda xxx

Comments 2

    1. Hallo Annemie

      Jy kan die appel met wortel vervang in die muffin resep.
      Hawersemels is Oatbran en is nie dieselfde as semels nie.
      Jy sal dit by supermarkte en gesondheids winkels en miskien ook Dis-chem kry.

      Groete
      Lize (Biokinetika)
      LINDA KRIEL FITNESS

Leave a Reply