Lae GI Gesondheids-Beskuit

Lae GI Gesondheids-Beskuit

blue-4-940x1410

Hierdie is ‘n heerlike gesondheidsbeskuit. Jy kan 1 stukkie eet in plaas van jou peuselhappie as jy my Lae GI eetlan volg. Of as jy die dag nie tyd het vir ontbyt nie, kan jy 2 stukkies eet met jou oggend-koffie tesame met ’n vrug. Maar moenie ’n gewoonte maak daarvan om elke dag beskuit en koffie vir ontbyt te eet nie, jou eetplan sal ongebalanseerd wees.

Ek het 3 verskillende 7 Dae Lae GI Eetplanne vir gewigsverlies. (Jy kan hulle ook kombineer)

Kliek hier vir my nuutste Fiks en Fabulous Plan. Jy kry ‘n 21 Dae Lae GI menu & Detoksplan & 21 dae se oefeninge vir gewigsverlies:  https://lindakriel.co.za/product/fiks-fabulous-plan/

 

Kliek hier vir my Somerlyf Lae GI Plan: Somerlyf Plan

Kliek hier vir die 21 Dae Kick-start Plus: https://lindakriel.co.za/product/21-dae-kick-start-program/

Kliek hier vir die 3 Weke 3 Punt Plan:  https://lindakriel.co.za/product/3-weke-3-punt-plan/

 

  • Bestandele:
    750 ml koekmeel
    500 ml hawersemels (oat bran)
    250 ml volgraan ProNutro (oorspronklike geur)
    50 ml bakpoeier
    2 ml sout
    250 ml Xylitol
    125 ml canola oil
    500 ml vetvrye gewone jogurt
    2 eiers
    2 klein appels
    5 ml vanieljegeursel
    5 ml karamelgeursel

 

  • Metode:
    Voorverhit oond tot 170°C.
    Sif die koekmeel in ’n baie groot mengbak.
    Gooi die hawersemels, ProNutro, bakpoeier, sout en Xilitol by en meng goed terwyl jy die lepel oplig om lig in die beslag te kry.
    Meng die olie, jogurt en eiers baie goed – in ’n 1 liter beker – totdat alles goed met die olie gemeng is.
    Skil en raspe die appels.
    Gooi die appels en die vanielje- en karamelgeursel by die jogurtmengsel en roer.
    Gooi die jogurtmengsel bo-oor die droë-mengsel en roer goed totdat al die bestandele vogtig is en die deeg styf en klewerig is en met ’n lepel geskep kan word.
    Skep die deeg in 2 gesmeerde 30cm broodpanne en maak die deeg gelyk.
    Bak vir 1 uur en toets die beskuit met ’n skerp-punt mes om te sien of dit gaar is, voordat jy dit uit die oond haal. As jy die deeg toets en daar sit deeg aan die skerp mes as jy dit uit trek, bak dit vir nóg 10 minute.
    As dit gaar is sny in vinger-grootte stukkies.
    Pak dit op ’n bakplaat en droog in ’n lae-hitte oond (50°C) oornag.
    Stoor in ’n lugdigte houer.

Resep deur G.I.Lean

 

 

Leave a Reply