Kry Mooi Arms in die Swembad

Kry mooi Arms in Die Water
Raak ontslae van jou brode vir bo-arms en spog hierdie somer met seksie bo-arms. Kombineer hierdie twee oefeninge om jou arms mooi te vorm én die vet op jou bo-arms te verbrand.

 

  1. Gebruik jou liggaamsgewig

 

Plaas jou hande ‘n bietjie wyer as skourbreedte uitmekaar op die swembad se rand. Buig jou bene en druk jouself dan op asof jy uit die swembad wil klim. Maak jou arms reguit. Die trisepspier aan die agterkant van jou boarms trek saam. Selfs jou maagspiere werk, so hou jou maag ingetrek.

 

Laat sak nou jou liggaam weer totdat jou voete amper grond raak en druk jouself dan weer op asof jy wil uitklim. Maag ingetrek, arms reguit. Herhaal 10 tot 15 keer.

 

Doen die watertrap (sien volgende oefening) tussen elke stel, om die harttempo op te werk, sodat jy kilojoules verbrand en só ontslae raak van die vetlagie op die arms.

2)Watertrap

Met hierdie oefening hou jy jou kop bo water deur met jou arms en bene te beweeg en seker te maak jou voete raak nie die bodem nie. Watertrap werk jou arms, bene en maag én dit versnel jou harttempo. Dit is goed vir fiksheid en vetverbranding. Begin met 30 sekondes en doen geleidelik meer. Probeer om uiteindelik ‘n minuut lank water te trap tussen stelle van die armoefening.

 

Laai die Linda Kriel Fitness Toep af vir jou weeklikse oefen- en eetplanne

Kliek hier: LINDA KRIEL TOEP

 

Leave a Reply