Die Quiche kom uit my 21 dae Kick-Start Plus oefen- en eetplan-program. As jy ‘n “kick start” wil kry vir jou bikinilyf, volg die Kick- Start Plus. Kliek hier:
Korslose Quiche
Bestanddele:
- 125g spek
- 1 ui fyn gekap
- 250g sampioene in skyfies gesny
- 2 eetlepels vars gekapte pietersielie
- 250ml room
- 10ml mostert
- 2 groot eiers
- 2 teelepels gerasperde parmesan kaas
- 125ml cheddar kaas gerasper
- Sout en peper
Metode:
- Verhit spek en braai liggies in olyfolie.
- Voeg by uie en braai liggies tot gaar.
- Gooi sampioene by.
- Klits eiers, room, mosterd asook parmesan kaas saam tot goed gemeng.
- Voeg die spek mengsel by die eier mengsel en vou die cheddar kaas asook pietersielie in.
- Quiche mengsel gaan dan in oondvastebak en bak vir 30-45 minute by 180⁰C.
Nota: ‘n verskeidenheid van vulsels kan gebruik word soos aspersies, spinasie, spek, sampioene, tuna, biltong of uie.
Fiksheids-groete
Linda Kriel
Comments 2
Ek het vir die kick start ingeskryf. Niks wil oopmaak nie
Hallo Ansie
Jou Kick-start Plus is geaktiveer en beskikbaar aanlyn op jou rekening.
Jou plan is aanlyn beskikbaar.
Gaan na https://www.lindakriel.co.za
// kliek op My rekening en Teken in.
// Vul jou username en password in en kliek op Login.
// kliek op OEFEN-en EETplanne en jy sal jou plan sien.
// ‘Hover’ op jou plan(). Daar sal ‘n foto wees met die logo op en onder die foto is die inhoud waarna jy soek.
// Kliek op die inhoud onder foto en kliek op dit (bv inleiding, Detoks, eetplan ens) waarna jy opsoek is.
Geniet jou eet- en oefenplan!
Groete
Lize (Biokinetika)
LINDA KRIEL FITNESS