Kan ek twee oefensessies per dag doen?

Kan ek twee oefensessies per dag doen om die vetjies vinniger af te skud?

Hier is ‘n paar wenke om in gedagte te hou!

  • Rus: Luister na jou liggaam. As jy moeg en seer voel, rus! Jou liggaam verbrand vet optimaal as hy kans kry om te herstel. Seer, moeë spiere kan nie optimaal funksioneer nie.
  • Tydsberekening: Moenie net voor slaaptyd oefen nie dit kan jou slaappatroon versteur.
  • Hoeveelheid per dag: As jy tweekeer per dag wil oefen, doen dit vir ‘n tydperk. Dis nie iets wat ek dag in en dag uit sal aanbeveel nie, maar as jy ‘n doelwit het om binne 2 of 6 weke iets te bereik, kan jy dit doen.
  • Ouderdom: Hoe ouer jy is hoe langer neem jou liggaam om te herstel. Hou dit in gedagte. As jou liggaam nie goed herstel nie is jou kanse op beserings groter.
  • Afwisselling: As jy twee keer ‘n dag wil oefen wissel jou ligaamsdele af m.a.w doen bolyf die oggend en bene vanaand. Of kardio soggens en spieropknapping saans.
  • Let op jou eetgewoontes: Maak seker jou eetplan het genoeg voedingswaarde en kilojoules as jy so baie en gereeld wil oefen.
  • Intensiteit: Maak jou oefenplan stelselmatig meer. Moenie van die eerste dag kyk hoeveel jy kan doen nie. Bestuur jou liggaam om gewoond te raak aan die hoeveelheid en intensiteit. Jy wil besering-vry bly!
  • Wees versigtig vir oordoen: Wees bewus van die feit dat jy kan “over train”.
  • Slaap: Maak seker jy kry genoeg slaap. Dit bespoedig herstel van die spierweefsel.

 

Lief vir oefen? Tyd vir nuwe oefenklere? Kyk gerus na die mooi LK-oefenbroeke en oefen en voel nog lekkerder.

Hier is die skakel: LK Oefenbroeke

 

Leave a Reply