Jou app vrae beantwoord

Jou App vrae beantwoord

Indien jy gebruik maak van die LK Fitness app, is hierdie iets wat jy gaan wil lees! Ons het antwoorde saamgestel oor al die mees gereeldste app verwante vrae.

Kliek hier vir antwoorde op u LK Fitness app vrae

Indien jy nog nie die app geinstalleer het nie, gaan kyk gerus HIER om te sien hoe dit jou kan help om jou gesondheidsdoelwitte te bereik.

 

___________________________________________________________________________________

Kansellasies & Terugbetalings

  • Soos met alle apps, moet jy self jou subskripsie gaan kanselleer op jou foon se settings, voor die hernuwingsdatum. (Dit is in ‘n e-pos direk vanaf u App Store aangedui die dag toe u subskreer het. Sien voorbeeld hieronder.)
  • Elke app gaan voort met aftrekkings TOT JY DIT SELF KANSELLEER, ongeag of jy dit weer wou hernu of nie. Dit tel dan ook vir die LK Fitness app.
  • Moet asb. nie staat maak op ‘n kennisgewing epos voor die hernuwingsdatum nie.
  • Onthou ook, die verwydering van die app van u foon is NIE gelyk aan die kanselleering van u subskripsie nie.
ANDROID selfone:
  • Indien jy jou subskrispie wil kanselleer, GAAN DIREK NA JOU GOOGLE PLAY STORE.
  • Indien jy ‘n terugbetaling wil organiseer, GAAN DIREK NA JOU GOOGLE PLAY STORE.
APPLE selfone:
  • Indien jy jou subskrispie wil kanselleer, GAAN DIREK NA JOU APPLE PLAY STORE.
  • Indien jy ‘n terugbetaling wil organiseer, GAAN DIREK NA JOU APPLE PLAY STORE.
Neem asb. kennis:
  • U kan nie u subskripsie binne in die LK Fitness-app kanselleer nie.
  • Indien jy jou subskripsie wil kanselleer, gaan na een van die volgende op jou foon:
    • Settings om jou purchases te sien.
    • App store waar jy geregistreer het en bankbesonderhede opgelaai het.
  • Jy kan stap vir stap sien hoe om jou subskripsie te kanselleer hier op bl.18-21.
  • Ons kan ongelukkig nie namens jou die terugbetaling organiseer nie, ons kan ook nie direk ‘n terugbetaling doen nie. Om rede, die betaling is by jou app store afgetrek.