Is Kaas Goed of Sleg vir Jou?

Is Kaas Goed of Sleg vir Jou?

Wanneer dit by kaas kom, sê mense dikwels hulle is mal daaroor, maar is bang dat dit hulle gewig sal laat optel en hartsiektes veroorsaak.

Die waarheid is dat kaas is wat jy noem ‘n vol-voedsel (whole food). Vol-voedsel is oor die algemeen goed vir jou as jy nie te veel van een ding eet nie.

Het jy geweet dat kaas kan selfs help met gewigsverlies en die voorkoming van hartsiektes en osteoporose. Bygesê, sommige kaas is gesonder as ander, dus let op die volgende:

Hier is 9 van die gesondste tipes kaas.

VOEDINGSWAARDE:

Kaas is ‘n goeie bron van kalsium en kan ‘n belangrike rol speel in die handhawing van sterk, gesonde bene. Kaas is ook ‘n goeie bron van vitamiene A en B12, sink en magnesium. Die teenwoordigheid van beide proteïen en gesonde vette help dat kaas jou langer versadig hou en kan help met bloedsuikervlak skommelinge.

Kaas met ‘n hoër waterinhoud, soos bok, mozzarella en feta, bevat effens minder kalorieë en vet as harder kaas, soos cheddar. Baie kase is geneig om hoër in natrium (sout) en versadigde vet te wees, wat belangrik is om in gedagte te hou vir diegene met hoë bloeddruk of  hoë cholesterol.

Kaas kan ongemak veroorsaak in diegene wat laktose-onverdraagsaam is, maar harder kaas, soos cheddar en Parmesan, bevat minder laktose en kan beter verdra word as sagter kase.

PORSIE GROOTTE:

28 Gram kaas is die aanbevole porsie grootte. Hier is hoe dit lyk:

Foto krediet: MyFitnesspal

Hier is ‘n paar van die gesondste kase:

Mozzarella:

Mozzarella is ‘n sagte kaas wat laer is in natrium (sout) en kalorieë as die meeste ander kaas.

Dit bevat ook probiotika wat jou immuunstelsel ‘n hupstoot kan gee.

28 Gram bevat:

  • Kalorieë: 85
  • Proteïen: 6 gram
  • Vet: 6 gram
  • Koolhidrate: 1 gram
  • Natrium (sout): 176 mg . Dit is 7% van die Aanbevole Daaglikse Inname (ADI)
  • Kalsium: 14% van die Aanbevole Daaglikse Inname (ADI)

Bloukaas:

Bloukaas het kenmerkende blou of grys are met ‘n ”tangy” smaak. Gelaai met kalsium, bevorder dit beengesondheid en help om osteoporose te voorkom.

28 Gram heel-melk blou kaas bevat:

  • Kalorieë: 100
  • Proteïen: 6 gram
  • Vet: 8 gram
  • Koolhidrate: 1 gram
  • Natrium (sout): 380 mg.  16% van die ADI
  • Kalsium: 33% van die ADI

Fetakaas:

Feta is ‘n Griekse kaas wat hoër in sout (natrium) is, maar laer in kalorieë as ander kaas.

Dit bevat ook  hoër hoeveelhede CLA, ‘n vetsuur wat gekoppel word aan verbeterde liggaam-samestelling.

28 Gram volroom feta kaas bied:

  • Kalorieë: 80
  • Proteïen: 6 gram
  • Vet: 5 gram
  • Koolhidrate: 1 gram
  • Natrium (sout): 370 mg. 16% van die ADI
  • Kalsium: 10% van die ADI

Maaskaas:

Maaskaas is ‘n vars, knopperige kaas wat gelaai is met proteïen. Voeg maaskaas by jou dieet want dit kan help om jou langer versadig te hou, wat kan help met gewigsverlies. Maaskaas is baie hoër in proteïen as ander kaas. ‘N ½-koppie (110-gram) volroom maaskaas bied:

  • Kalorieë: 120 of (31 kalorieë vir 28g gedeelte.)
  • Proteïen: 12 gram
  • Vet: 7 gram
  • Koolhidrate: 3 gram
  • Natrium (sout): 500 mg. 21% van die ADI
  • Kalsium: 10% van die ADI

Parmesaan:

Parmesaan is ‘n lae-laktose kaas wat hoog is in kalsium en fosfor, wat beengesondheid bevoordeel.

28 Gram Parmesaan-kaas bied:

  • Kalorieë: 110
  • Proteïen: 10 gram
  • Vet: 7 gram
  • Koolhidrate: 3 gram
  • Natrium: 330 mg.  14% van die ADI
  • Kalsium: 34% van die ADI

Cheddar:

Cheddar is ryk aan vitamien K2, ‘n voedingstof wat verhoed dat kalsium opbou in jou are en bloedvate. As jy genoeg K2 inkry, kan jou risiko van hartsiektes verminder.

28 Gram volroom melk cheddar bevat:

  • Kalorieë: 115
  • Proteïen: 7 gram
  • Vet: 9 gram
  • Koolhidrate: 1 gram
  • Natrium: 180 mg. 8% van die ADI
  • Kalsium: 20% van die ADI

Om dit op te som:

Die meeste kaas is ‘n goeie bron van proteïen en kalsium en ‘n paar soorte bied addisionele gesondheids- voordele.

Aangesien sommige kaas egter hoog in natrium (sout) en/of vet kan wees, is dit steeds die moeite werd om ‘n ogie oor jou inname te hou!

Oor die algemeen kan kaas ‘n voedsame toevoeging tot ‘n gesonde, gebalanseerde dieet wees.

Let wel: As jy ons Lae Vet Lae GI eetplanne volg, hou by lae vet kaas!

 

Bederf jouself met ‘n LK Oefenbroek!

Kliek hier om na die reeks te kyk: LK OEFENBROEKE

As jy nog nie het nie, laai die LK Fitness toep af, vir jou weeklikse oefenprogramme en eetplanne!

Kliek hier: LKFitness App

 

Groete

Linda xx

Bron: http://www.healthline.com/ and MyFitnessPal

Leave a Reply