Hoender Spaghetti Bolognaise

Hoender Spaghetti Bolognaise
Maak 4 groot porsies

As julle my Lae GI koolhidraat eetplanne volg, kan julle die resep nét so volg. As julle my Banting eetplanne volg kan julle baby marrow spaghetti maak en julle kan Xylitol  i.p.v suiker gebruik.

Kliek hier as jy een van die aanlyn eetplanne wil aanskaf:

Lae GI eetplan

Banting

Resep:

Bestanddele:


  • 1 x 70g varkworsie (vel verwyder)
  • ½ blokkie hoenderaftreksel
  • 3 hoenderborsies, in klein blokkies gesny
  • 10ml (2 teelepels) fyn knoffel
  • 1 x 410g geblikte en gekapte tamaties
  • Growwe peper na smaak
  • (1/2 koppie) vars pietersielie
  • 2 teelepels suiker
  • 250ml (1 koppie) gevriesde ertjies
  • 60g (2 vuurhoutjie boksies) mozzarella kaas, gerasper

Metode:


  1. Verhit ‘n pan op die stoof en krummel die varkworsie in die pan. Voeg bietjie water by kook oor medium hitte tot gaar.
  2. Voeg die gekrummelde vark, hoenderaftreksel, hoender en knoffel by. Kook  roer, totdat die hoender nie meer pienk van kleur is nie.
  3. Voeg die tamaties (met sap) pietersiele, peper en suiker by – bring tot kookpunt en laat dan prut vir 5 minute.
  4. Voeg die ertjies by en kook tot goed deurwarm is.
  5. Bedien saam met die pasta en sprinkel kaas bo-oor

Geniet dit!

xx Linda

Leave a Reply