Hoekom is dit so moeilik om gewig te verloor?

Hoekom is dit so moeilik om gewig te verloor?

Hoekom is dit so moeilik om gewig te verloor en dan daarby te hou? Die mees algemene strategieë wat mense vir gewigsverlies volg, sluit die volgende in:

  • Is meer aktief gedurende die dag
  • Doen meer oefening
  • Eet minder
  • Drink meer water

Al hierdie strategieë dra wel by tot gewigsverlies. Die probleem is egter nie die strategieë nie, maar die vermoë om daarby te hou. Dit is moeilik om nuwe gewoontes te vorm, sodat dit tweede natuur word, en sommige selfs moeiliker as ander. Die sleutel tot langtermyn verandering, is om daarby te hou, dit so gou moontlik ‘n gewoonte te maak en so te verhoed dat te veel wilskrag gebruik moet word.

VOLHARDING BO PERFEKSIE

Suksesvolle gewigsverlies behels ‘n langtermyn verbintenis. Almal soek kitsoplossings en is nie bereid om lank genoeg by iets te hou en vir resultate te wag nie. Kies volharding, bo perfeksie en bly op die manier gemotiveerd. Moenie jouself kruisig, afkraak of moed verloor, indien jou een sny pizza, toe ses geword het, of jy nie tyd  gekry het vir oefen nie. Kry jouself net weer op koers die volgende dag. Hierdie ingesteldheid sal langtermyn sukses verseker. Beskou dit as ‘n leefstyl verandering en nie ‘n dieet nie.

VORM VANDAG NUWE GEWOONTES EN HOU DAARBY!!!

xxLinda Kriel

Die Linda Kriel Toep sal jou help om nuwe gewoontes aan te leer:

Begin jou 7 dae GRATIS hier: LEES MEER

 

 

Leave a Reply