Tuisoefeninge 

Tuisoefeninge

Jy benodig nie duur toerusting as jy by die huis wil oefeninge doen om van die lastige vetrolletjies ontslae te raak nie. Volg díé wenke.

  • Om jou bo-arms op te knap, kan jy jou handoek gebruik. Staan gemaklik en hou ‘n handdoek agter jou rug vas, met jou regterhand net bokant jou kop en jou linkerhand min of meer waar jou sitvlak begin. Albei arms is gebuig en die elmboë wys na buite. Trek nou met jou regterarm boontoe totdat jou arm reguit is. Gebruik die handdoek en jou linkerarm as weerstand deur effens aan die handdoek te rem. Doen nou die teenoorgestelde: strek jou linkerarm reguit na onder en buig jou regterarm. Doen 3 stelle van 15 en ruil dan jou arms om.
  • Oefen terwyl jy met jou kinders speel. Doen hierdie vir jou boude en bobene: Laat jou kind op ‘n matjie lê en sleep hom deur die huis, sodat jy agteruit loop met jou bene amper 90º gebuig. Toe my kinders klein was, was dit my (en hulle) gunsteling! Gebruik iets swaar soos bakstene as jy nie jou kind gebruik nie.

  • As jy nie gewigte het nie, gebruik blikkieskos, waterbottels of wasgoedmiddel bottels as weerstand wanneer jy oefeninge doen.
  • As jy ‘n trappie êrens by jou huis het kan jy baie oefeninge daarop doen. Stap of draf op en af van die trappie vir 1 minuut om jou harttempo te laat styg, voordat jy jou armoefeninge – met die bottels – doen vir ‘n minuut. Doen direk daarna ‘n oefening vir jou bobene, deur op die trappie te staan en dan met die linkerbeen agtertoe af te hurk. Kom op en hurk dan agtertoe met die regterbeen. Doen dit vir 1 minuut. Herhaal al drie oefeninge 3 keer.
Kry die TOEP

Maak die lewe vir jouself makliker!

  • Jou eerste 7 dae is GRATIS
  • Jy hoef nooit meer te wonder wat jy vandag moet eet of hoe jy moet oefen nie. Jou  oefen- en eetplan is weekliks vir jou uitgewerk en die beste van alles, Linda Kriel – jou persoonlike oefeninstrukteur is van nou af oral saam met jou!

    Laat Linda Kriel, Suid Afrika se fiksheids-guru jou help om fiks, gesond en slank te word.

    • Elke dag van die jaar ’n ander oefenprogram vir Beginners; Middelvlak en Gevorderde vlak.
    • Gesonde eetplanne: Jy kry altyd ’n keuse tussen Banting en Lae GI.
    • Spyskaarte is maklik om te volg en bevat geen snaakse of duur kosse nie.
    • KLIEK hier om meer te lees en die toep af te laai:

    Linda Kriel Fitness Toep

Comments 3

  1. Hi Linda wat se oefinge kan ek doen vir my binne bene bo ek het baie gewig verloor en nou is dit bietjie pap daar as ek dit so kan stel.Groete Alet.

Leave a Reply