Herderspastei
‘n Gesonde, maklike en liplekker resep met blomkool en kaas bo-oor. Geniet die gereg saam met groente of ‘n slaai. Die lae koolhidraat gereg sonder bygevoegde verdikkers, kan saam met my Lae GI en Banting eetplan gebruik word.
Nota: As jy my Lae GI Lae Vet eetplan volg, moenie botter of room gebruik nie.
Bedien 3 tot 4 persone
BESTANDDELE:
MAALVLEIS:
1 ui, opgesny
1 groen rissie (pepper), opgesny
1 pakkie sampioene
1 blikkie tamatie paste
speserye na smaak
500g maalvleis (Lae GI – maer maalvleis)
BLOMKOOL-MASH:
200g blomkool
1 klein bietjie room of botter (Lae GI – geen botter of room)
BO LAAG:
gerasperde cheddar kaas (Lae GI – lae vet kaas)
METODE:
- Voorverhit die oond tot 220 °C.
- Kap die sampioene en groen rissie op.
- MAALVLEIS: Braai die ui in botter. Voeg groen rissie by. Wanneer sag is gooi maalvleis by en braai. Voeg speserye (chilli, masala, peper ens) by na smaak. Braai vir 5 minute. Voeg die tamatie paste by en kook vir 10 minute. Voeg laastens die sampioene by en roer totdat sampioene sag is.
- BLOMKOOL-MASH: Sny die blomkool op en mikrogolf vir 5-6 minute. Voeg botter by en mikrogolf vir nog 2 minute. Maak fyn met ‘n ‘stick blender’ en voeg ‘n dompel room by.
- Gooi die maalvleis in ‘n glasbak, gooi die blomkool-mash bo-op. Gooi die kaas bo-oor en rooster tot die kaas gesmelt het en begin verbruin.
GENIET!
Kry my Toep met resepte, eet- en oefenplan hier: https://lindakriel.co.za/app-2-2/

Komplimente van Bantingchef